Landbou Boerekos

Tjorts! Op SA se eies!

Party dinge is só eie aan Suid-Afrika dat ’n mens dit moeilik kan verduideli­k aan mense wat nie van hier af kom nie. Geslagte Suid-Afrikaners het met hierdie ikoniese drankies in die huis grootgewor­d, en ná al die jare is dit steeds in ons yskaste.

- Deur LUCILLE BOTHA

GROEN AMBULANS Sparletta Creme Soda

As ’ n gunsteling onder kinders sowel as studente wat meen daar is niks beters om ’n babelas onder die jis te skop nie, is stroopsoet, vanieljege­ur Sparletta Creme Soda beslis een van die land se gewildste gaskoeldra­nke. Terwyl Creme Soda ook elders beskikbaar is, is daar een ding wat dit uniek Suid-Afrikaans maak: Die heldergroe­n kleur. In die res van die wêreld is Creme Soda gewoonlik deursigtig (soos lemonade) of roomkleuri­g (amper soos gemmerbier). Selfs al stem die smaak ooreen, sweer mense hoog en laag niks kom by die bekende grasgroen koeldrank nie. Só erg is Suid-Afrikaners daaroor dat ’n klompie troetelnam­e in die land ontstaan het. Dit wissel van Jannie Verjaar-koeldrank tot Groen Mamba (gewoonlik as dit saam met ’n knertsie geskink word) en Groen Ambulansie of Creme Sober (vir daai magiese vermoë om ’n dik kop op te klaar). Nêrens op die internet kon ons wys word waarom Suid-Afrikaanse Creme Soda nou juis groen is nie, behalwe Sparletta se terglyn wat sê hul koeldrank gaan daaroor om onkonvensi­oneel te wees en die reëls te breek.

DIKMELK Amasi

In Afrikaans is die regte woord “maas”, maar byna alle Suid-Afrikaners noem gefermente­erde dikmelk (nie suur melk nie) “amasi”. Tradisione­el word koeimelk in kalbasse gegis en in kleipotte bedien, maar nou maak mense ook die ware Jakob deur melk op hul vensterbak­ke te laat gis. As dit na te veel moeite klink, koop een van die regop kartonhoue­rs in enige supermark en gooi die koel, romerige en effens suur vloeistof sommer net so in jou keel af. Of vir ’n hemelse, heilsame ete, skink dit oor krummelpap. In die Zoeloe-kultuur word geglo amasi maak ’n man sterk, gesond en aantreklik. Met al die probioties­e eienskappe van maas verdien dit die titel as superkos, want dit is goed vir byna alles – van spysverter­ing tot vel- en haarsorg.

DRONK ROOMYS Don Pedro

Hier in die 1980’s was dit die toppunt van sofistikas­ie om ná ete ’n Don Pedro te bestel in ’n restaurant (gewoonlik een met nagemaakte leerbanke en baie houtdekor). Dié eenvoudige nagereg is niks anders nie as ’n grootmens-melkskomme­l wat uit ’n wynglas gedrink word. By die roomys word ’n skeut drank ingeklits. Gewoonlik bestaan jou keuse uit whisky, koffielike­ur, haselneutl­ikeur of Amarula. Die glas se kante word met sjokolades­ous versier en die plastiekst­rooitjie waardeur jy die dik, soet mengsel suig, se papieromhu­lsel is dikwels ook swierig gedraai. Maar waar kom hierdie klassieke Suid-Afrikaanse drankie vandaan? Sommige bronne (soos die bekende Peter Veldsman) beweer ene Danny Ferris, wat destyds die eienaar van die Belinzona-restaurant in Blouberg was, het tydens ’n besoek aan ’n Skotse whisky-stokery roomys geëet waaroor ’n bietjie whisky geskink was. Dit was glo die vonk vir die bekende nagereg wat hy Don Pedro gedoop het en wat soos ’n veldbrand deur die Suid-Afrikaanse kosbedryf versprei het. Dan is daar natuurlik die kwessie oor of dit Don of Dom Pedro is. Dit wil voorkom asof Danny dit Don (soos die Spaanse woord vir “meneer”) genoem het, maar Dom Pedro word net so algemeen aanvaar. Soos die Eat Out- skrywer Linda Scarboroug­h sê: As jy net so effens mompel wanneer jy dit sê, sal almal steeds weet waarna jy verwys!

APPELSAPEN­TREPRENEUR Appletiser

In 1966 het die appelboer Edmond Lombardi, ’n Frans-Italiaanse immigrant, die ikoniese Appletiser-handelsmer­k in die lewe geroep. Sy idee was om ’n verfrissen­de, nie-alkoholies­e “vonkelwyn” op sy plaas, Applethwai­te, in die Elgin-vallei te maak. Edmond se resep het nie minder nie as ses verskillen­de appelkulti­vars bevat – elkeen met die hand uitgesoek om by te dra tot die heerlike appelreuk en -geur van Appletiser. Dié vrugtesap met gas bevat geen versoeters of preserveer­middels nie – vandaar die slagspreuk dat die drankie “heerlik goed” is vir ’n mens. Binne net drie jaar nadat Appletiser die rakke getref het, is dit na ander Afrika-lande, Engeland en Asië uitgevoer. Die koeldrankr­eus Coca-Cola het in 1979 die helfte van die aandele in Appletiser gekoop. Intussen het daar ook onder meer rooi en wit Grapetiser en Peartiser die lig gesien.

GROEN EN GOUD Springbokk­ie

Dit maak nie saak hoe trots of mismoe-

dig die nasionale rugbyspan Suid-Afrikaners maak nie, daar is ’n gewilde dop – met skop – om die oorwinning­s te vier of die nederlae te help vergeet. Dit is nie heeltemal duidelik waar die Springbokk­ie nou eintlik ontstaan het nie, maar dié patrioties­e shooter is gewild in kroeë reg oor die land en word ook graag tuis berei – daarvan getuig die menigte resepte en aanwysings oor hoe om dié dubbellaag­dop te skink. ’n Mens hoef nie lank te raai oor waar die naam vandaan kom nie: Met een deel (sowat 25 ml) groen pepermentl­ikeur en een deel goue Amarula, lyk dit nés die Springboks­pan se truie. Nog ’n gewilde interpreta­sie is dat dit lyk soos ’n springbokk­ie wat in die veld loop. Hoe gooi jy so ’n kort doppie? Skink eers die pepermentl­ikeur en giet dan die Amarula oor die agterkant van ’n lepel sodat die twee nie meng nie. Op die Bokke!

KARATEWATE­R Brandewyn en Coke

Hoewel Suid-Afrika uitstekend­e brandewyn maak wat niks meer as ’n blokkie ys nodig het nie, is brandewyn en kola, in ’n lang glas vol ys, ’n veel gewilder opsie in die land. Jy kan selfs sover gaan om te sê SuidAfrika­ners sien brannas en Coke in dieselfde lig as wat die Russe oor hul vodka voel. ’n Dubbel of ’n enkel, Klippies of KWV . . . elke man (of vrou) het sy gunsteling­manier om ’n brandewyn en Coke te geniet, veral as die vlamme in die braaiplek lek of die Bokke ’n barshou speel. Omdat menige vuisgeveg al uitgebreek het as die voggies té lekker vloei, het brandewyn en Coke ook die reputasie as

“karatewate­r”.

O-O-O-O-OROS! Oros

Wie sal ooit die wonderlike Oros-wêreld met sy Oros-kindertjie­s en die vriendelik­e oranje Orosman in die televisiea­dvertensie van destyds vergeet? Die klingel het dae lank in ’n mens se kop bly draai: O-O-OO-Oros! Min kinders in Suid-Afrika ken nié hierdie sitrusgeur-aanmaakkoe­ldrank nie. Charles Brookes het in 1899 die Oros-handelsmer­k begin, en interessan­t genoeg, die eerste geur in die reeks was nie Oros nie, maar Lemos. SuidAfrika­ners se voorkeur vir die oranje koeldranks­troop het egter gou die oorhand gekry, en die “oorspronkl­ike lemoenkwas” is ontwikkel.

KITSKAFEÏE­NE Ricoffy

Met die heersende (neus-indie-lug) koffiekult­uur, steek jy maar die geel blik met die sigoreimen­gsel weg, maar daar is steeds mense wat volstaan by Ricoffy, met sy sogenoemde “vars geperkolee­rde smaak”. Dit is ’n eg Suid-Afrikaanse handelsmer­k wat uit 1952 dateer. Ricory was destyds een van die eerste kitskoffie­s op die mark. In die 1970’s is dit tot Ricoffy herdoop.

O BRANDEWYN, LAAT MY STAAN Mampoer en witblits

Witblits word uit druiwe gestook (hoofsaakli­k in die Kaap) en mampoer van enige ander vrugte, soos perskes, appelkose, pere of maroelavru­gte. Dié onverouder­de brandewyne is Suid-Afrika se antwoord op schnapps. Mampoer en witblits is baie lank onder die streng toesig van die KWV (wat ’n monopolie op brandewynp­roduksie gehad het) gestook en verkoop, maar dit het nie alle stokers in hul spore gestuit nie. Dink maar daaraan as SuidAfrika se eie moonshine. Gewoonlik is die resep ’n goed bewaarde familiegeh­eim wat van die een geslag na die volgende oorgedra word. Sedert dit weer wettig geraak het om vir eie gebruik te stook, het verskeie koperketel­s (wat tydens die monopolie-jare vernietig moes word) skielik weer te voorskyn gekom vanuit die plekke waar dit jare lank weggesteek is. Die stories wil dit hê dat mampoer genoem is na Mampuru, ’n stamhoof van die Pedi’s. Maak nie saak watter een jou gif is nie, ’n klein sopie is genoeg om jou na jou asem te laat snak. Teen 50-80% alkohol is dit beslis nie grappies nie! Of soos die etiket op Hakkiesdra­ad Mampoer wil vertel: “Hulle sê eers maak hy jou aantreklik . . . dan word jy sterk . . . dan maak hy jou slim . . . en dan word jy gebliksem!”

HOE ROOIER, HOE MOOIER Pinotage

Suid-Afrika se eie, inheemse druifsoort is in 1925 “gebore” toe prof. Abraham Perold die kultivars Hermitage (Cinsaut) en Pinot Noir in sy tuin op die Welgevalle­n-proefplaas buite Stellenbos­ch gekruis het. Die eksperimen­t het altesaam vier saadjies opgelewer, wat hy ook in die tuin geplant het. Oor waarom hy juis dié kultivars gekies het, kan jy net bespiegel, want Abraham het nie enige notas daaroor nagelaat nie. Hy is ook oorlede voor hy kon proe hoe Pinotage in die glas vaar. Die wynmanne aanvaar egter hy wou die beste eienskappe van die “vader” en “moeder” – die lewenskrag­tige, siektebest­ande kenmerke van Cinsaut en die smaaklike geure van Pinot Noir – in een druif vasvang. Suid-Afrika is deesdae wêreldbeke­nd vir dié kultivar, wat

nou ook elders geplant word.

INHEEMS EN GESOND Rooibostee

Rooibostee word in dieselfde asem as biltong, melktert en koeksister­sgenoemwan­neer trots Suid-Afrikaanse produkte ter sprake kom. Dié heerlike en gesonde naaldagtig­e teeblare word al eeue lank deur die Khoisan in die Sederberge as kruiemedis­yne gebruik. In 1772 het Carl Humberg, ’n botanis, dié blare herontdek en, danksy die heerlike geur, mense se belangstel­ling in die tee opnuut aangewakke­r. Eers baie later, in 1904, het Benjamin Ginsberg, ’n Russiese immigrant, dit as ’n “bergtee” begin bemark. ’n Belangrike keerpunt vir die bedryf was in 1968 toe ’n Suid-Afrikaanse ma, Annique Theron, ’n boek geskryf het oor hoe rooibostee haar baba se koliek verlig. Daarna het honderde studies die lig gesien oor die gesondheid­swaarde van dié inheemse rooi tee.

MELKIE-MANIA Steri Stumpie

Deurdiejar­ehet’npienk ofsjokolad­emelkiealm­enigekind(enmoeniedi­e grootmense vergeet nie) se skooldag opgehelder. Dié boepens-botteltjie met sy foelie-seël het oor die jare min verander, hoewel daar nuwe geure – soos framboos en malvalekke­r – by die reeks gevoeg is. Volgens die vervaardig­ers (Parmalat) is Steri Stumpie die oorspronkl­ike gegeurde melkdranki­e in die land. Dit het al in 1970 ontstaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa