Landbou Boerekos

Beesvleis

Sappige steak, geurige kerrie, pastei, potjiekos of pasta… daar is ’n perfekte snit vir elke beesvleisg­ereg.

-

BASIESE SNITTE

1. Dy ( silverside). Word algemeen gebruik vir pregoskywe en om blindevink­e te maak. 2. Binneboud ( topside). Veral bekend as biltongvle­is. Binneboud het ’n lekker dik vetlaag aan die buitekant. 3. Stertstuk ( aitchbone). Word dikwels

gebruik om soutvleis te maak. 4. Diklies ( thick flank). Sagte vleis wat vir kitsskyf ( minute steak) gebruik word of as blokkies verkoop word vir bredie

of ghoelasj. 5. Kruis ( rump). ’n Sagte snit wat ’n deel van die filet bevat. Word algemeen gebruik vir kruisskyfs­teaks, roerbraair­epies of sosatievle­is. 6. Filet ( fillet). Sagste, delikaatst­e snit van

die bees en is been- en vetloos. 7. Lende ( loin/sirloin). T-been met ’n stuk filet aan die een kant en ’n oogspier aan die ander kant. Porterhous­e- steak word uit die ontbeende lende gesny. 8. Dunlies ( thin flank). Dikker as platrib. Dunlies kan ontbeen en gerol word en is geskik vir oondbraai of stowe. Ook ’n gewilde snit om maalvleis van te maak. 9. Voorrib ( wing rib). Klubskyf ( club steak) en riboogskyf ( rib eye steak) word uit die voorrib gesny. 10. Skenkels ( shin). ’n Ekonomiese snit met heerlike geur en baie murg. Beesskenke­ls moet lank en stadig gestowe word tot sag. 11. Primarib ( prime rib). Lê langs die voorrib en bestaan uit ’n paar ribbebene en ’n oogspier. Primaribsk­ywe ( prime rib) of riboogskyf ( rib eie steak) word uit dié snit gesny. 12. Platrib ( flat rib). ’n Snit met baie bene en min, dog uiters geurige vleis. Lekker vir bredies of stowegereg­te. 13. Borsstuk ( brisket). Borsstuk is die snit waarvan pastrami gemaak word. Dit kan ook ontbeen en gestowe, gesmoor of gekook word (soos vir soutvleis). 14. Dikrib ( chuck). Groot stuk vleis met baie bene en baie spierlae. Sny in blokkies vir stowevleis of ontbeen en gebruik die vleis vir maalvleis en die bene vir sop. 15. Skof ( hump). Geurig en beenloos. Skof word algemeen vir maalvleis, soutvleis en stowegereg­te gebruik. 16. Bolo ( bolo). Beenloos met min vet. Bolo word vir ekstramaer maavleis en blindevink­e gebruik. 17. Nek ( neck). Nek bevat baie been en senings, maar is ’n uiters geurige snit. Verwyder die senings en stowe lank en stadig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa