Landbou Boerekos

Soetsuur stoweskaap­tjops

-

Heerlike huiskos. Die geur van die sous trek lekker deur die vleis en smaak die volgende dag eers lekker.

4 groot stoweskaap­tjops 30 ml olie 1 ui, grof gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepas­ta 30 ml suiker 30 ml bruinasyn 2 wonderpepe­rkorrels Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die tjops in ’n groot, oondvaste swaarboomp­an in ’n bietjie olie bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag. Voeg die gekapte tamaties en tamatiepas­ta by en en verhit tot kookpunt. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut die sous vir 2 minute en skep die tjops terug in die sous. Bedek die pan met ’n oondvaste deksel en bak die tjops vir sowat 1 uur of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Sit voor op rys of kapokaarta­ppels. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa