Landbou Boerekos

Tuisgemaak­te lamswors met branderige monkey gland- sous

-

10 ml komynsaad 10 ml koljanders­aad 10 ml paprika 30 ml sout 1,4 kg lamsblad, ontbeen en in blokkies gesny 450 g harde skaapvet, in klein dobbelstee­ntjies gesny 10 ml fyngekapte, vars oreganum 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 100 ml yswater 45-60 ml bruinasyn

Rooster die komynsaad, koljanders­aad, paprika en sout saam in ’n droë swaarboomp­an vir ongeveer 2 minute, tot geurig. Laat afkoel en maal dit baie fyn in ’n koffie- of speserymeu­ltjie. Sit die lamsvleisb­lokkies en die vet in ’n skottel en sprinkel die speserymen­gsel oor. Meng goed deur, bedek die bak en verkoel tot nodig. Maal die mengsel met ’n vleismeul. Voeg die res van die bestanddel­e by die gemaalde vleis en meng dit baie goed deur. Knyp ’n klein stukkie van die mengsel af en braai dit in ’n bietjie olie tot gaar. Proe vir geur, en voeg sout, peper of asyn by die worsmengse­l indien nodig.

Die wors is nou reg om gestop te word. Stop die vleismengs­el in worsderms, rol die wors op, bedek en verkoel of vries tot nodig.

Braai die wors in ’n pan oor matige hitte of oor matige kole tot goudbruin en gaar. Sit voor met die branderige monkey gland- sous. Lewer ongeveer 1,9 kg lamswors.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa