Landbou Boerekos

Soutvis en bokkoms

-

Om vis, veral snoek en harders, te pekel en te droog, is al in die 17de eeu aan die Kaap gedoen en lank voor dit reeds in Holland. Die vis is soms droog geëet (soos biltong) of vir geregte, soos smoorsnoek (een van die gewildste visgeregte van daardie tyd), visbobotie of viskoekies, gebruik. Dr. C. Louis Leipoldt skryf in Kos vir die Kenner (1933)

dat enige soort vis “gebokkom” kan word en dat bokkoms gerook kan word deur dit in die skoorsteen te hang. Jy sny eenvoudig die vis oop, haal die ingewande uit en stamp die vis (sonder om dit te breek) min of meer plat. Vryf met suurlemoen en daarna met sout en hang dit uit om winddroog te word.

Bokkombott­er

Klop 125 g sagte botter en 3 ml grof gemaalde swartpeper met ’n houtlepel tot lig. Trek 1 groot bokkom se vel af en pluis die vleis fyn uit (haal alle grate uit). Kap die vleis fyner, indien verkies. Klop die bokkomvlei­s by die botter in. Verkoel tot ferm en sit voor met brood en korrelkonf­yt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa