Landbou Boerekos

Outydse ertjiesop met beesskenke­l

-

30 ml olie 750 g beesskenke­lstukke 2 uie, grof gekap Water 1 pakkie (500 g) droë-ertjies Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 30 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie

Verhit die olie in ’n groot soppot en braai die skenkels en uie saam daarin bruin. Voeg genoeg water by om die vleis goed te bedek en verhit tot kookpunt, maar moenie in hierdie stadium die sop met sout geur nie. Prut 3 uur lank (vul die water gereeld aan sodat die vleis deurgaans met water bedek is) tot die vleis van die bene af begin val. Skep die vleis uit en laat afkoel. Voeg die ertjies by die water in die kastrol en verhit tot kookpunt. Kook tot die ertjies sag is en begin breek. Terwyl die ertjies kook, sny die skenkelvle­is van die bene af en pluis dit grof. As daar enige murg in die skenkelben­e oorgebly het,

skep dit ook uit en voeg dit by die vleis. Wanneer die ertjies sag is, skep die gepluiste vleis (en murg) terug in die soppot en geur nou eers die sop mildelik met sout en peper. Kook die sop vir 30 minute deur en roer die pietersiel­ie by. Sit warm voor met brood en botter. Lewer 10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa