Landbou Boerekos

Afval

-

Volgens vroeë resepteboe­ke is hoofkaas (sult) al in die 17de eeu deur die Hollanders gemaak. Maar ons manier om die dier se kop, pens en pootjies vir vaalafval te gebruik, is saam met die Franse Hugenote na die Kaap gebring. So ook die gebruik om die harsings in die ruitjiespe­ns toe te bind en saam met die afval te kook. Daar het ongelukkig min van die eens tradisione­le afvalgereg­te behoue gebly. Vaal- en kerrieafva­l, gebakte skaapkop, beestong, sult, bees- en varkwange, skaap- en beesstert, lewer en niertjies in suursous is nog algemeen en word gereeld gemaak, maar geregte soos haksel, andoelie (rolpens), peertjies en pannas wat eens geliefde geregte aan die Kaap was, word nie meer aangetref nie. Kyk in die Vleisafdel­ing op bl. 59 vir tradisione­le afvalresep­te.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa