Potjiekos
Gedurende die 18de eeu het die kook- en eetgewoontes van die gevestige gemeenskap in die Kaap en dié van die trekboere begin verskil. Potjiekos, galopsop (vleis wat vinnig in water opgekook word vir middagete) en skuinskoek het op die trekpad onstaan. Later is dit saam met die Voortrekkers die binneland in.