Landbou Boerekos

Skenkel-en-groentepot

-

Vir dié pot gebruik hy “voorarmvle­is en knieskywe”, en daar moet ’n paar murgbene by wees, vertel Jan. “En as daar ’n dokter in die omgewing is, gooi ek maar ’n paar groentes by.”

1,5 kg stowewilds­vleis (of wildskenke­ls in skywe gesaag) Sout en varsgemaal­de swartpeper of vleisspese­rye van jou keuse Olie, vir braai 3 uie, grofgekap 4 knoffelhui­sies, grofgekap 3 groot wortels, in stukke gesy Genoeg water of vleisaftre­ksel om alles te bedek 3 groot aartappels, geskil en in stukke gesny

500 ml botterskor­sie of pampoen, in blokkies gesny Twee groot hande vol broccoli-stukkies 3-4 heel, geskilde tamaties 1 klein kool, in wiggies gesny Mielieblom (opsioneel) 250 ml room

Geur die vleis met sout en peper of vleisspese­rye en braai dit in ’n groot swartpot oor warm kole bruin. Voeg die uie by en braai dit saam met die vleis tot bruin. Voeg die knoffel en wortels by en braai dit ook vir ’n paar minute. Voeg nou genoeg water of vleisaftre­ksel by om die vleis te bedek. Krap ’n paar kole onder die pot uit, sit die deksel op en laat prut die vleis lank en stadig tot dit amper sag is. Krap elke nou en dan ’n paar vars kole onder die pot in om dit aan die prut te hou, maar onthou dat ’n pot nooit vinnig moet kook nie. Voeg nou die aartappels en botterskor­sie by. Bedek weer die pot en prut vir nog 30 minute voor jy die broccoli, tamaties en kool byvoeg. Bedek weer en prut tot die groente sag is. Nou eers gee jy die pot ’n versigtige roer. As die pot baie souserig is, meng die mielieblom met ’n bietjie van die room en skep ’n paar lepels van die sous uit die pot daarby. Meng goed en giet dit alles terug in die pot. Laat deurkook tot die sous effens verdik is. As die pot nie té waterig is nie, los die mielieblom uit en voeg net ’n skeut room by om alles mooi bymekaar te bring. Geur vir oulaas na smaak en sit voor. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa