Landbou Boerekos

Gemsbokrou­laden

-

goed geleer, soos om soetsuuurd­eegbrood te bak, maar my pa was die een wat my kosmaak-liefde gekweek het. Die eerste koek wat ek gebak het, was saam met hom, in ronde, blou poedingbak­kies van my ma. Sulke blouetjies met kartelrand­jies.

“Dan het ons in die winter voor die Agastoof gesit en hy het ’n bietjie meel en een eier en ’n bietjie bakpoeier gevat en die koek in die poedingbak­kie gebak. Die heel eerste paar Engelse woorde wat ek geleer het, was ‘Keep tightly closed’. Dis mos op die Agastoof, daar waar jy die kolebakkie uitkrap, en ek wou altyd weet wat daar staan.

“My pa het ook roly-poly gemaak, dan sê ek: ‘Pappa, jy gooi te veel botter in, die resep sê nie so nie . . . ’ Dan sê hy vir my: ‘Maar ék bak die poeding en dis hoe ék dit maak.’ Tot vandag glo ek hy kon die lekkerste roly-poly bak wat ek nog ooit geëet het.”

By skoonma Martha het sy ook geleer hoe om ver te kom met produkte wat nie aldag in hul omgewing beskikbaar is nie.

“Ons glo as jy iets kry, is dit wonderlik, maar as jy iets nie het nie, het ons geleer om daarsonder klaar te kom. ’n Mens maak kos met wat jy het. Vat nou maar slaai. Vroeër jare het jy slaai gekoop as jy op Mariental kom of jy het daarvoor beplan as jy die naweek gaste kry. En Maandag, het ek geleer, kook jy bredie en al daardie slaaigoed gaan in die bredie in. Jy mors niks.

“My skoonma het my geleer om boontjies te droog, nes jy biltong droog. Met ’n koppie suiker en ’n koppie sout by pekel jy die gesnipperd­e boontjies en krap dit oop op ’n net waarvoor jy nie meer jammer is nie. Dit moet net nie in die son lê nie, anders bleik die boontjies spierwit uit.”

Ten spyte daarvan dat Trudie nie aldag alles in die hande kry nie, dit soms lank vat voor die reën opdaag, die Augustus-winde ’n mens deurmekaar waai en die somerson jou skroei, is Namibië lankal die Bolandse vrou se tuiste.

“Dis vir my verskrikli­k lekker om in die Kaap te gaan kuier, maar as ek hier by Gibeon afdraai van die teerpad af, dan is ek by die huis. Hier is jy pelle met die poliesman, die predikant en die een wat eerste dronk is by ’n paartie . . . daar is nie onderskeid nie, almal is jou pel, want dis jou mense. Dis die mense wat my hier hou, en ek dink die dankbaarhe­id. Want weet jy, as hier ’n paar druppels reën val, is almal in rep en roer. Die diere spring in die lug en die mense bel mekaar oor en weer.”

‘Kos is ’n baie belangrike deel van ons; dit was nog altyd die saamkompun­t. As ek aan ons kleintyd dink, dink ek aan ryk en room . . . ek dink aan plaaskos.’

1,5 kg gemsbokrug­string 250 g gerookte repiespek (halveer elke repie in die lengte) 200 ml heelkorrel­mosterd ’n Paar agurkies of gepiekelde komkommer, in potlooddik­te repies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper Worcesters­ous na smaak Sap van 2 suurlemoen­e 125 ml olyfolie

Sous Stukkie botter of bietjie olie 1 ui, fyngekap 250 g sampioene, gesnipper 250 ml room 50 ml port of ander donker gefortifis­eerde wyn

Sny die vleis in skywe van ongeveer 1 cm. Plaas die skywe vleis tussen twee stukke plastiek en gebruik ’n vleishamer, koekroller of wynbottel om elke skyf vleis goed plat te kap tot ongeveer 3 mm dik. Smeer sowat 5 ml mosterd op elke skyf vleis. Plaas ’n halwe spekrepie en ’n stukkie agurkie op elke skyf vleis. Geur met sout en peper. Rol die vleis op sodat die agurkie mooi in die middel is en steek elke rolletjie met ’n peuselstok­kie vas. Pak die vleisrolle­tjies in ’n bak (nie metaal nie). Sprinkel ’n bietjie worcesters­ous, die suurlemoen­sap en ’n klein bietjie van die olyfolie oor en geur met sout en peper. Bedek en verkoel vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag.

Verhit die orige olyfolie in ’n pan tot baie warm. Braai elke vleisrolle­tjie vir ongeveer 2 minute aan elke kant tot goudbruin. Pak die rouladen in ’n bak, bedek en hou warm.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sous: Gebruik dieselfde pan met die pansouse waarin die vleisrolle­tjies gebraai is steeds daarin, verhit die botter of olie daarin en soteer die ui en sampioene tot sag. Voeg die room en port by en prut die sous tot effens verdik. Geur die sous na smaak met sout en peper. Skep dit oor die rouladen en bak vir 15 minute tot deurwarm. Sit voor op romerige polenta met jong gestoomde tuingroent­e of slaai. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa