Landbou Boerekos

Eenvoudig die beste

Vir die geurigste, sappigste steak moet jy met goeie vleis begin. Dan het jy nie veel meer nodig om ’n feesmaal op te tower nie. Met Checkers Steakhouse Classic is jy van die beste gewaarborg.

-

Pangebraai­de riboogstea­k met knoffel-en-rissiebott­ersous

Riboogstea­k bevat goeie marmering. Daarom is hierdie snit sappig en propvol geur. Hou dit eenvoudig en moenie die steak doodgooi met geurmiddel­s of souse nie. ’n Eenvoudige botteren-kruiesous rond dit perfek af. En ’n skeut vars suurlemoen­sap by gebraaide steak is altyd ’n goeie idee!

4 porsies Checkers Steakhouse Classic-riboogstea­k, teen kamertempe­ratuur Olyfolie Seesout en varsgemaal­de swartpeper 2 knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny 1 rooi jalapeñori­ssie, in dun skyfies gesny 100 g botter 1 vars suurlemoen, gehalveer

Bedruip die steaks mildelik met olyfolie. Maak ’n droë swaarboom-riffelpan baie warm (sonder om enige olie in die pan te gooi). Geur die steaks aan albei kante met sout en peper na smaak. Sit die steaks in die vuurwarm pan neer en los dit net so vir sowat 2 minute. Moenie die steak té vinnig probeer omdraai nie. Die vleis moet seël en karamellis­eer. Wanneer dit gebeur, sal die steak self van die pan loskom. Draai om en seël die steak aan die ander kant. Sprinkel die knoffel en rissie oor die vleis in die pan en voeg die botter by. Terwyl die botter begin borrel en die knoffel en rissie gaar word en die botter geur, skep van die botter oor die steaks in die pan. Druk ’n suurlemoen oor alles uit en laat die sous weer opborrel. Haal die pan van die hitte af en skep die sous weer oor alles. Laat die steak vir ’n paar minute rus en sit voor met die geurige bottersous oorgeskep. Bedien met opgekookte baba-aartappels of skyfies en slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa