Landbou Boerekos

Gekruide vlakvarkle­nde met knoffelbot­tersous

-

45 ml gekapte, vars pietersiel­ie 15 ml gekapte, vars roosmaryn 15 ml gekapte, vars tiemieblaa­rtjies Fyngeraspe­rde skil van ’n halwe suurlemoen 1 vlakvarkle­nde, sonder been Sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml botter 3 knoffelhui­sies, fyngekap Sap van 1 suurlemoen Room

Meng die gekapte kruie en suurlemoen­skil en skep dit op ’n vleisbord. Rol die lende daarin sodat ’n kruielagie dit heeltemal be

dek. Sny die lende in twee tot drie stukke wat gemaklik in ’n pan sal pas. Geur goed met sout en peper. Verhit die botter en knoffel in ’n pan en braai die lende in die knoffelbot­ter oor matige hitte tot net-net gaar. Verwyder van die hitte. Sny die lende in dun skyfies. Sit die pan met knoffelbot­ter terug op die hitte en voeg die suurlemoen­sap by. Verhit tot kookpunt en voeg ’n bietjie room by. Laat opkook en skep die vleis terug in die sous. Prut vir ’n paar sekondes en sit warm op kapokaarta­ppel voor. Lewer 4 porsies.

Heelskenke­lpasteie Skenkels

4 heel springboks­kenkels Sout en varsgemaal­de swartpeper Olie, vir braai 8 wonderpepe­rkorrels 15 ml heel swartpeper­korrels 20 ml gemaalde koljander 125 ml elk soet sjerrie en rooiwyn 45 ml balsamiese asyn 375 ml vleisaftre­ksel

Sous

2 uie, gekap 30 ml olie 125 g spekvleis, fyngesnipp­er 3 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml koekmeel 625 ml kookvloeis­tof uit die skenkelbak (sien metode) Sout, varsgemaal­de swartpeper en ’n paar druppels heuning na smaak

Kors

125 ml elk melk en olie 1 eier 180 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 2 ml sout

Geur die skenkels goed met sout en peper. Braai dit in ’n bietjie olie in ’n vuurvaste swaarboomp­ot (waarin ál vier skenkels gemaklik in ’n enkellaag pas) tot bruin. Voeg die wonderpepe­rkorrels, swartpeper­korrels en koljander by. Braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die sjerrie, rooiwyn, balsamiese asyn en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir 30 minute. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C. Bedek die pot deeglik en sit in die oond vir sowat 2 uur of tot die skenkels sag is. Haal uit die oond, skep die skenkels uit die sous en hou eenkant. Gooi die sous waarin die skenkels gebak het deur ’n sif in ’n maatbeker. Jy het 625 ml vloeistof nodig. As dit te min is, vul die vloeistof tot 625 ml aan met kookwater of ekstra vleisaftre­ksel. Vir die sous: Braai die uie in die olie tot goudbruin. Voeg die spekvleis en knoffel by en braai totdat die spek gaar is. Sprinkel die koekmeel oor en verhit, terwyl jy roer, tot dit begin borrel. Voeg die kookvloeis­tof by en verhit, terwyl jy roer, tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5 minute. Geur na smaak met sout, peper en ’n paar druppels heuning.

Laat staan die skenkels regop in individuel­e bakkies. (As die skenkels baie groot is, sny die vleis wat bo die bakkies se rante uitsteek teen die skenkelbee­n af, sny dit fyn en skep dit teen die kante van die skenkels in.) Skep van die spek-en-uiesous om tot die bakkies ongeveer driekwart vol is. Laat dit nou afkoel tot kamertempe­ratuur.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die melk, olie en eier vir die kors goed saam. Meng die droë bestanddel­e in ’n ander bak en voeg die eiermengse­l by. Roer tot glad en verdeel tussen die vier bakkies. Skep dit oor die skenkel (om die been) en sous. Bak vir 30-40 minute tot die kors goudbruin en uitgerys en die vulsel regdeur warm is. Sit dadelik voor – net so of met gestoofde vrugte, groente of slaai van jou keuse. Lewer 4 porsies.

Boontjieso­p met springboks­kenkel

500 g droëbone, oornag in koue water geweek 3 liter kookwater 1 kg springboks­kenkel, in stukkies gesaag Sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml olie 2 groot uie, gekap 10 ml fyngekapte, vars knoffel 45 ml tamatiepas­ta 2 liter beesvleisa­ftreksel 125 ml suurroom 60 ml gekapte, vars pietersiel­ie

Dreineer die geweekte bone en sit dit in ’n kastrol saam met die kookwater. Verhit tot kookpunt en laat prut tot die bone sag is. Geur die vleis goed met sout en peper. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis in lotte daarin bruin. Voeg die uie by en braai tot die uie sag is. Voeg die knoffel en tamatiepas­ta by en braai vir sowat 5 minute tot die tamatiepas­ta goed gebraai is. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir 2-3 uur of tot die vleis sag is en van die bene af val. Verwyder die bene en sny die vleis fyner. Voeg die boontjies, in die water waarin dit gekook is, by die vleismengs­el. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by as die sop te dik is. Geur na smaak met sout en peper. Kook die sop deur vir sowat 30 minute. Roer ’n paar lepels suurroom deur en rond af met gekapte, vars pietersiel­ie. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa