Landbou Boerekos

Fynvleis op spätzle

-

Spätzle is ’n soort Duitse eiernoedel, baie soos klein kluitjies. Dit word eers in water gekook en dan in botter of olie gebraai en as bykos voorgesit.

Fynvleis

250 g spekvleis, gesnipper 1 kg wildsvleis (blad, nek, of skenkel), in stukke gesaag 45 ml olie 1 ui, gekap 10 ml sout 3 ml swartpeper Kruiebonde­ltjie wat bestaan uit 2 lourierbla­re, 3 takkies tiemie, 2 takkies roosmaryn, 1 takkie oreganum, ’n paar swart peperkorre­ls en ’n groot takkie pietersiel­ie Water 30 ml botter 25 ml koekmeel 60 ml port of soet sjerrie

Spätzle

560 ml koekmeel 5 ml sout 1 ml neutmuskaa­t 3 eiers 180 ml melk, ekstra indien nodig

Braai die spekvleis en wildsvleis saam in ’n bietjie olie in ’n swaarboomp­ot bruin. Voeg die ui by en braai tot gaar. Voeg die sout, peper en kruiebonde­ltjie by en voeg genoeg water by om alles goed te bedek. Verhit tot kookpunt en kook stadig totdat die vleis van die bene af val. Kyk gereeld of daar water kort en voeg by soos benodig. Laat die vleis effens afkoel en haal die bene en kruiebonde­ltjie uit. Pluis die vleis met ’n vurk of sny dit fyner. Smelt die botter in ’n pannetjie totdat dit effens begin verbruin. Voeg die meel by en verhit totdat dit begin borrel. Voeg die port of sjerrie by en verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Voeg die mengsel by die fynvleis en kook dit goed deur. Geur na smaak. Spätzle: Meng die meel, sout en neutmuskaa­t in ’n bak. Voeg die eiers en 180 ml melk by. Meng goed tot ’n gladde beslag vorm. Voeg melk by as die beslag te dik is om deur ’n vergiettes gevryf te word.

Verhit ’n pot water met ’n bietjie sout in tot dit vinnig kook. Skep die spätzle-beslag in ’n vergiettes en vryf en skraap dit met ’n lepel deur die gaatjies tot in die kookwater in die pot. Kook die spätzle vir 2 minute en skep met ’n gaatjiesle­pel uit in ’n bak met ’n bietjie gesmelte botter daarin. Skud die bak om die spätzle met ’n dun botterlagi­e te bedek. Om voor te sit: Verhit ’n bietjie botter of olie in ’n pan en braai die spätzle tot goudbruin. Sit die fynvleis op die spätzle voor en rond af met gekapte, vars kruie of gremolata. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa