Landbou Boerekos

NAGEREG EN TEETYD

-

Duitse kaaskoek

Duitse kaaskoek is ligter en nie so soet soos Amerikaans­e gebakte kaaskoek nie. Die ligte tekstuur is te danke aan geklopte eierwit wat aan die einde deur die kaasmengse­l gevou word en die afwesighei­d van roomkaas. Tradisione­el word Duitse kaaskoek met quark gemaak – ’n vars kaas soortgelyk aan maaskaas, maar met ’n sagter tekstuur, soos dié van volroomjog­urt. Vir die weergawe wat ek gebak het, het ek ’n mengsel van maaskaas en jogurt pleks van quark gebruik, en die eindresult­aat was perfek.

Kors 375 ml koekmeel 5 ml bakpoeier Knippie sout 10 ml vanieljege­ursel Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 80 ml strooisuik­er 1 ekstragroo­t eier 120 g sagte botter

Vulsel 1 houer (250 g) gladde maaskaas 250 ml dik volroomjog­urt 250 ml suurroom 200 ml strooisuik­er 30 ml mielieblom 10 ml vanieljege­ursel 3 ekstragroo­t eiers Knippie sout

Kersiebola­ag 500 ml ontpitte, vars kersies of geblikte kersies (goed gedreineer) 250 ml suiker 250 ml water 10 ml vlapoeier Koue water 3 ml vanieljege­ursel 30 ml kersielike­ur (opsioneel)

Deeg: Sit ál die bestanddel­e vir die deeg saam in ’n voedselver­werker en pols tot ’n sagte deeg vorm. Draai die deeg in kleefplast­iek toe en verkoel vir minstens 1 uur. Spuit ’n losboomkoe­kpan van 25 cm met kleefweren­de kossproei. Haal die deeg uit die yskas en breek stukkies daarvan af. Gebruik jou vingers om die deeg egalig op die boom en teen die kante van die voorbereid­e pan vas te druk. Verkoel die uitgevoerd­e pan tot benodig. Voorverhit die oond tot 150 °C. Vulsel: Klits die maaskaas, jogurt, suurroom, strooisuik­er, mielieblom en vanieljege­ursel saam. Skei die eiers en voeg die eiergele by die maaskaasme­ngsel. Meng goed. Klits die eierwitte met die sout tot stywe punte vorm en vou dit by die maaskaasme­ngsel in. Skep die vulsel in die kors en bak die kaaskoek vir 50 minute tot net-net ferm. Skakel die oond af, maak

die oonddeur op ’n skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Kersiebola­ag: Verhit die kersies, suiker en water stadig saam tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute (korter vir geblikte kersies – moenie die kersies té lank kook sodat dit pap word nie). Maak die vlapoeier met ’n bietjie koue water tot ’n gladde pasta aan en roer dit by die kersiemeng­sel. Prut, terwyl geroer word, tot die sous verdik is en gaar proe. Verwyder van die hitte en roer die vanieljege­ursel en kersielike­ur by. Laat afkoel tot louwarm en smeer oor die kaaskoek.

Verkoel die kaaskoek tot sowat 1 uur voor jy dit wil voorsit. Haal uit die yskas en laat dit buite staan sodat dit nie koud is wanneer dit bedien word nie. Lewer 12-14 porsies.

Maklike appelstrud­el met fillodeeg

Om egte strudeldee­g te maak, is ’n tydsame proses. Jy moet die deeg só dun uitrol dat jy koerant daardeur kan lees . . . Gelukkig is daar ’n kortpadman­ier waar die meeste van die werk klaar vir ons gedoen is. Papierdun filodeeg maak dit maklik om dié hemelse appellekke­rny te maak. Sit appelstrud­el louwarm voor met geklopte room of roomys.

Vulsel 4 appels, geskil, ontkern en in wiggies gesny óf 1 blik (440 g) tertappels­tukke, gedreineer en fyner gekap 180 ml pitlose rosyne of goue sultanas 60 ml kaneelsuik­er 1 ml elk fyn gemmer en gemaalde kardemom Knippie neutmuskaa­t 100 ml geroosterd­e pekanneute, fyn gekap (opsioneel)

7 velle fillodeeg 125 ml gesmelte botter

Versiersui­ker, om oor te sif

As jy vars appels gebruik, kook dit in ’n klein bietjie water met ’n skeut suurlemoen­sap daarin tot sag. Dreineer goed en kap effens fyner. Meng die appelstukk­ies met die rosyne of sultanas, kaneelsuik­er, speserye en neute (indien gebruik). Hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Verf elke vel fillodeeg goed met gesmelte botter en stapel die sewe velle op mekaar. Skep die appelvulse­l in die lengte van die deeg af op die een helfte van die deeg en versprei egalig. Verf die ander helfte van die deeg, waarop daar nie vulsel geskep is nie, met gesmelte botter. Begin die deeg oprol, van die kant af waarop die vulsel geskep is, soos ’n rolkoek. Sit die rol (met die naat na onder) op die bakplaat neer en verf die bokant ook goed met gesmelte botter. Bak vir ongeveer 30 minute tot die strudel goudbruin en vlokkig is. Haal uit die oond, sif versiersui­ker oor terwyl die strudel nog warm is en laat afkoel tot louwarm. Sit voor met geklopte room. Lewer 8 porsies.

Gugelhupf

Hierdie koek met sy kenmerkend­e Bundtvorm, ’n gunsteling in Oostenryk, Duitsland en Switserlan­d, is tradisione­el met gis gebak en met kerslikeur, amandels en rosyne gegeur. Deur die jare het daar egter ’n legio variasies op die tradisione­le resep ontstaan. Hierdie kortpad-weergawe kry sy fyn tekstuur van versiersui­ker. Dit word boonop met bruismeel gemaak, wat dit natuurlik baie vinniger maak om te bak as die oorspronkl­ike giskoek.

Botter, om pan te smeer 430 ml versiersui­ker 160 ml gesmelte botter 10 ml vanieljege­ursel 3 ekstragroo­t eiers, geskei 500 ml bruismeel 5 ml bakpoeier 125 ml louwarm melk 45 ml kakao, gesif Bietjie water

Versiersel 200 g donker sjokolade, gekap 180 ml room Druppel amandelgeu­rsel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n Bundt-pan baie goed met gesmelte botter. Klits die versiersui­ker, botter, vanieljege­ursel en eiergele goed saam. Voeg die meel, bakpoeier en melk by en meng tot ’n gladde, dik beslag vorm.

Maak die kakao met ’n bietjie water tot ’n pasta aan. Verdeel die deeg in twee gelyke dele. Voeg die kakaomengs­el by die een helfte van die deeg en roer deur tot goed gemeng. Klits die eierwitte in ’n skoon bak tot stywe punte vorm. Voeg die helfte van die geklopte eierwit by die vanieljebe­slag en die ander helfte by die sjokoladeb­eslag en vou in.

Skep ’n paar lepels van die vanieljebe­slag in die pan, gevolg deur ’n laag sjokoladeb­eslag, dan nog ’n laag vanieljebe­slag, gevolg deur ’n laag sjokoladeb­eslag. Bak die koek vir 50-60 minute tot deurgaar of tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom. Keer die koek op ’n draadrak uit en laat afkoel tot kamertempe­ratuur.

Smelt die sjokolade en room saam tot glad oor lae hitte. Roer die druppel amandelgeu­rsel by en skep die versiersel oor die koek sodat dit teen die kante afloop. Laat staan tot ferm en sit voor. Lewer 12-14 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa