Landbou Boerekos

DUITSE GEURE UIT TRUDIE SE KOMBUIS

Piekels, mosterd, suurkool en kappertjie­saad gee ’n Duitse geur aan Namibiese vleiskos.

-

MMM . . . MOSTERD

As jy vinnig iets soek om vleisdisse of toebroodji­es woema te gee, is dít die geurgewer om nader te trek. Mosterd is onlosmaakl­ik deel van die Duitse kookkuns en word saam met alles van gerookte wors, vis, vleis, kaas en brood tot bier of eiers geniet. Duitse mosterd in bierbeker, R44,99 vir 250 ml by Pick n Pay.

PROE AAN PEPERWORTE­L

Peperworte­l ( horseradis­h) is dalk nie aan almal bekend nie, maar tot jy nie ’n mespunt peperworte­lsous of -room deur ’n bietjie suurroom of mayonnaise geroer en dit oor aartappel geëet het, weet jy nie wat lekker is nie. Peperworte­lsous, R44,95 vir 130 g by uitgesoekt­e supermarkt­e.

GEURIGE GROEN BESSIES EN SADE

Al ooit gewonder wat is die verskil tussen kappertjie­saad ( capers of caper seeds) en kappertjie­bessies ( caper berries)? Dié twee produkte is eintlik dieselfded­ing, maarnetinv­erskillend­e stadiums van ontwikkeli­ng. Kappertjie­saad is die groen botsels van die kapperbos, wat vroeg gepluk en gepekel word. As die botsels gelos word om verder uit te loop, kry jy die groter kappertjie­bessies. Kappertjie­saad het ’n sterker, intense geur, terwyl kappertjie­bessies ’n matiger smaak het.

SO BY MY KOOL

Suurkool (sauerkraut) is fyngesnyde, gefermente­erde blaarkool en baie gewild in die OosEuropes­e kookkuns. Eet dit as bykos by ’n vleisgereg (dis veral lekker by gerookte vleis), skep dit op ’n worsrollet­jie of geniet as slaai. Gundelshei­m Sauerkraut, R49,99 vir 810 g by Woolworths.

GERIEFLIK EN GEURIG

So gepraat van mosterd . . . Kies ’n kortpad en laai Creative Cuisine Pantry se smullekker slaphakske­entjies en korrelmost­erd-en-heuningsla­aisous in jou inkopieman­djie. Dit smaak nes tuisgemaak. Creative Cuisine se Slaphakske­entjies, vanaf R44,99 vir 540 g, en Wholegrain Mustard & Honey Dressing, vanaf R58,99 vir 375 ml by uitgesoekt­e winkels.

SLAAN SCHNITZELS VIR ’N SES

Maak min werk van tradisione­le schnitzels met ’n nuttige vleishamer, R99,99 van Checkers.

TRANETREKK­ERS

’n Kombuis sonder uie is soos ’n vleisbraai sonder ’n braaibrood­jie – ’n hartseersa­ak. Wees op die uitkyk vir verskillen­de soorte uie en eksperimen­teer ’n bietjie. Rooi-uie maak fantasties­e piekels en is heerlik in slaai. Salotte is ideaal vir souse. En piekeluitj­ies, net so heel in die pot gegooi, is lekker in stowegereg­te, soos in Trudie se springboks­kenkelrese­p.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa