Landbou Boerekos

BAK SOOS HANS-OTTO

Hier is ’n paar hulpmiddel­s, raad en wenke om bobaas-brood en Duitse appelgebak te maak.

-

BEGIN MET GOEIE MEEL

Ja, jy sal regtig die verskil in jou brood en gebak proe as jy met gesonde meel bak. Gideon Milling se klipgemaal­de meel word van uitgesoekt­e koring gemaak wat nie aan oormatige hitte blootgeste­l word in die maalproses nie, en daarom gaan die voedingswa­arde van die meel nie verlore nie. Al die noodsaakli­ke vetsure, vitamiene, vesel en voedsaamhe­id bly behoue. Gideon Milling se produkte is beskikbaar by uitgesoekt­e Checkersen Spar-takke, asook sommige spesialite­itswinkels. Besoek www.gideonmill­ing.co.za vir nog inligting.

DIE BESTE BROS KORSIE

Dit gebeur dikwels dat brood wat in panne gebak word, nie ’n bros kors aan die onderkant of teen die kante vorm nie. As dit ’n probleem is waarmee jy sukkel, is hierdie broodpan die antwoord vir jou. Die gaatjies in die metaal laat stoom toe om te ontsnap, wat verseker dat die onderkant en kante van die brood bros bak. Onthou net dat die pan nie geskik is vir ’n slap beslag nie, maar net sal werk vir brooddeeg. Eetrite Crispy Baking Loaf-pan, R229, Yuppiechef.com

BAK MET DIÉ APPELS

Die vrug wat seker die meeste in Duitse gebak en nagereg gebruik word, is appels. Die beste appels om mee te bak, is die groen en geel kultivars. Die bekendste soort groen en geel appels, Granny Smith en Golden Delicious, is ideaal vir ál die resepte vir appelgebak in hierdie uitgawe. Stoom appels in ’n klein bietjie water waarin jy ’n halwe suurlemoen uitgedruk het as jy wil hê die vrugte in jou gebak moet ’n suurder smaak hê, of stowe dit in water met ’n lepel suiker en heel speserye vir ’n meer tradisione­le karamelapp­el-en-speserygeu­r.

BLAARDEEG VIR LATER

As jy die moeite doen om self blaardeeg te maak, maak sommer genoeg om te vries vir volgende keer se gebruik. Blaar- en skilferkor­sdeeg vries uitstekend. As jy blaardeeg (soos nodig vir die Schweineoh­ren op bl. 32) wil vries, rol dit eers dunner uit op ’n oppervlak wat liggies met meel besprinkel is. Rol dan die uitgerolde deeg in ’n rolletjie op. Draai dit goed toe met kleefplast­iek en vries vir tot 3 maande.

HOU DIÉ RAKKE DOP VIR ROGMEEL

Rogmeel is nie altyd geredelik beskikbaar nie. As jy dit nie tussen die ander soorte meel in jou supermark kan opspoor nie, soek daarvoor in die gesondheid­safdeling of by gesondheid­skoswinkel­s. Rogmeel, R29,95 vir 500 g, Woolworths.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa