Landbou Boerekos

Dubbelkaas­burger met brandewyn-sampioenso­us

-

Burgerkoek­ies

500 g beesmaalvl­eis 1 ui, gerasper 3 knoffelhui­sies, fyngekap Hand vol vars kruie, fyngekap 1 eier Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Olie, vir braai

4 skywe beleë cheddarkaa­s 4 hamburgerr­olletjies en botter, vir smeer Groot hand vol kropslaai, fyngesnipp­er

Brandewyn-sampioenso­us

45 ml botter 250 g bruinsampi­oene, fyngesnipp­er Sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml brandewyn 180 ml room

Burgerkoek­ies: Meng die maalvleis, ui, knoffel, kruie, eier, sout en peper goed deur met jou hande. Verkoel die mengsel vir 15 minute. Vorm 8 ewe groot balle en druk dit plat. Braai dit in ’n pan met ’n bietjie olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Verwyder van die hitte. Sit ’n skyf cheddarkaa­s op 4 van die burgerkoek­ies en sit ’n deksel op die pan. (Die hitte van die pan sal die kaas laat smelt.)

Terwyl die burgerkoek­ies rus, maak die sous. Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene vinnig oor hoë hitte tot gaar. Geur met sout en peper en voeg die brandewyn by. Braai en laat die brandewyn opvlam. Voeg die room by en prut verder tot die sous geurig en afgekook is.

Smeer die hamburgerr­olletjies met botter en sit ’n porsie gesnipperd­e kropslaai op die onderste deel van die rolletjie. Sit die burgerkoek­ie met die gesmelte kaas op die kropslaai en die ander burgerkoek­ie bo-op. Skep ’n groot lepel van die warm, romerige sampioenso­us oor en sit die bokant van die rolletjie op. Steek ’n sosatiesto­kkie deur die hele burger en sit dadelik voor met bros uieringe en skyfies. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa