Plek van die geel grasvlaktes
Vandat jy op Orupemparora aankom, word jy met gasvryheid toegegooi — van die spesiaal verouderde gemsbok-T-beensteaks tot die blikkie Zam-Buk-lipsalf op jou kopkussing (net die ‘real makoya’ werk in dié wêreld!).
Pieter en Esmari (Esi) Ehlers is albei Suid-Afrikaners wat kort ná hul wittebrood in 2013 op die plaas Orupemparora, sowat 12 km buite Otjiwarongo, kom nesskop het. Orupemparora behoort al van oupa Daantjie Ehlers se tyd af aan Pieter se familie.
“Oupa Daantjie was ’n bekende in dié geweste, ’n man wat jonk-jonk van Piketberg
af agterop ’n Willys Jeep op grondpad tot in Namibië gekom het, sodat hy kon gaan boer op ’n plek waar wilde leeus die beeste pla,” vertel Pieter.
“My ma en pa was hier op skool. My oupa Greeff was die prokureur op die dorp en my ouma Greeff was vir jare ’n geliefde onderwyseres. As kinders het ons gereeld wintervakansies hierheen gekom en ons het ons eerste vlakvarke en koedoes hier geskiet, maar daardie tyd hete k nooit gedink dat O rupemparora eendag my huis sal word nie,” sê Pieter, wat naby Dundee in KwaZulu-Natal grootgeword het.
Later het boerderygeleenthede hom en Esi na Otjiwarongo gelok, waar Pieter met speenkalwers spekuleer wat hy tot so ver as Grootfontein en Gobabis aankoop en na Suid-Afrika uitvoer.
“Voor ons verloof geraak het, het ek en Esi en my ouers vir ’n week hierheen gekom. Destyds moes jy nog warm water met ’n
donkie stook. Die huis moes ook opgeknap word, maar die ongerepte natuurskoon was ongeëwenaard. Ons was reg vir die nuwe avontuur.”
Nou geniet Pieter en Esi die skouspelagtige sonsondergange in die somermaande en wag die donderwolke in wat so dramaties oor die horison kan opbou in die reënseisoen. Dit terwyl die wild rustig wei in die kamp voor die huis, en Afrika se grasvlaktes wyd strek. Waar kry jy nou ’n beter plek om rondom ’n knetterende vuur te sit?
“Orupemparora is ’n ou Herero-woord, en hulle sê vir ons dit beteken ‘geel grasvlaktes’,” vertel Pieter.
MAAK MENSE GELUKKIG
Esi, wat in die Hexriviervallei in die WesKaap gebore en getoë is en daarna fisioterapie aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, kom uit ’n famile van knap vroue wie se hande vir niks verkeerd staan nie.
“As ons by my ouma gekom het, het daar drie tuisgebakte koeke reggestaan – elkeen se gunsteling was daar. Op skool was ons plaashuis altyd vol kinders – maklik tot twintig – wat vir die naweek van die koshuis af saam gekom het, en dan het my ma se eetkamertafel gekreun met skaapboud, pampoentert, braai-aartappels, ’n hele spread ...
“Nou nog, as ons op ’n Sondag by hulle gaan eet, is daar ’n groot verskeidenheid geregte op die tafel. As my ma onthou iemand het gesê hulle hou van dit of dat, maak sy dit. As my swaer, André Franzsen, daar is, móét ons Peppermint Crisp-tert hê. My ma is iemand wat almal gelukkig wil maak.”
Die appel val beslis nie ver van die boom af nie, want kuier jy hier, word jy getrakteer
op tuisgebakte brood en tuisgemaakte botter, namushi (Nambiese “soesji” gemaak van nat biltong), heerlike plaasvleis en ’n allemintige verskeidenheid slaai- en groentesoorte uit haar eie groentetuin. Hulle mag afgeleë wees, maar dit beteken nie hulle hoef effentjies te leef nie, glo sy.
Hoewel sy met tradisionele produkte