Landbou Boerekos

Altyd iets lekkers in dié huis

- Teks: LUCILLE BOTHA Resepte: ESTÉ LUCKHOFF Stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE

Esté Luckhoff het nie in Namibië grootgewor­d nie, maar sy het gou die koslekkert­es van hierdie besonderse land haar eie gemaak: Swartwoudk­oek soos sy dit op Swakopmund leer ken het, Hentiesbaa­i se vars vis oor die kole, beesvleis uit die Gobabis-distrik en soetwyn-deurdrenkt­e pruimedant­e, soos die Duitsers daarvan hou.

Esté is ’n nooi Bosch van Fraserburg in die Karoo, wat saam met ses broers en twee susters op die plaas Ayesfontei­n grootgewor­d het.

“Ek het skoolgegaa­n in die Kaap en was ’n koshuiskin­d. My ma het my haar ‘flenterkin­d’ genoem omdat ek so baie van die huis af weg was. Dit was maar tydens vakansies, wanneer ons as gesin saamgekom het, dat my liefde vir kosmaak begin het.”

Ná haar troue met Austin, ’n gesondheid­sinspekteu­r, is sy Namibië toe.

“Ons het eers op Khorixas gewoon. Daar was niks nie – nie winkels nie, nie ’n kerk nie, niks!”

Hulle het kort daarna na Gobabis verhuis, en “dit is waar die dinge begin het”.

“Dit is ’n ongeloofli­ke gemeenskap. Dit is Gobabis se mense wat dit so ’n spesiale plek maak. Ons straat is nie eens geteer nie, en ons spot altyd wanneer ons kuiermense kry dat ons eers gou die straat moet hark!” lag sy.

Dié opgeruimde vrou, ’n ma van vier dogters, is lief vir gesels, en in haar huis is daar altyd iets lekkers vir vriende wat kom inloer. Sy is immers een van die bobaasbaks­ters op dié dorpie in die hart van Namibië se beesbedryf.

“Ek bak meesal snags en maak graag iets wat ek in die vrieskas kan hou – soos die driehoekka­askoek – vir wanneer mense onverwags kom kuier.” Haar huismense word ook gereeld bederf. “Ons drink nooit tee sonder iets lekkers nie, al is dit net kleinkoeki­es. My man is dan so lief vir lekker gebak, en boonop vrek hy oor mooi porselein.”

Wanneer Esté se vier dogters – Elizabeth Burger van Robertson, Michelle Laubscher van Stellenbos­ch, Maggie Luckhoff van Swakopmund en Salomé Luckhoff van Windhoek – kom kuier, weet sy dat sy vooraf ’n oproep gaan kry met elkeen se bestelling. “As Salomé kom kuier, bestel sy vooraf melktert-pannekoeki­es, en Maggie en Elizabeth sal vra of ek swartwoudk­oek gebak het. Michelle is weer lief vir haar ma se melktert. Só het elke kind haar gunsteling.”

Elizabeth vertel haar ma het ’n fyn oog vir detail, wat haar besonderse gebak ekstra spesiaal maak.

“Ek dink dis vir haar die lekkerste om die koeke te versier. Sy bak al Swartwoudk­oek vandat ek gebore is, en selfs wanneer ons op Hentiesbaa­i is oor Desember, sal sy vir my op my verjaardag, kort voor Kersfees, een bak.”

KERSVAKANS­IE-KOSLEKKERT­ES

Esté, haar dogters en die kleinkinde­rs woel almal net so graag saam in die kombuis.

“Omdat ek in so ’n groot familie grootgewor­d het, is ek gewoond aan groot feeste! Elke Kersfees het elke familiepla­as ’n beurt gekry om die Kersete aan te bied. Dan is die tafeldoeke uitgehaal, en daar is mooi gedek. Elke familie het dan sy feesgeregt­e saamgebrin­g vir die ete. Dis ’n tradisie waarmee ek voortgaan.”

Hulle bring Kersvakans­ies by hul strandhuis op Hentiesbaa­i deur, waar daar vis gevang en strandkrie­ket gespeel word.

“Ons braai graag vis op Hentiesbaa­i, maar ek ry ál my vleis van Gobabis af saam. Ek begin maande vooraf bak om die koekieblik­ke vol te maak – kleinkoeki­es

HOOFFOTO: As Esté Luckhoff van Gobabis en haar kleinkinde­rs saamkuier, help groot en klein vir ouma bak. Van links is Johnny en Esté Burger, Esté (met klein Elizabeth Laubscher; ook op die foto regs), Annie Burger en Austin Burger. Hier maak hulle gemmerkoek­ies vir ons fotosessie.

‘Ons is vreeslik lief vir feesvierin­ge, en daarom maak ons altyd ’n groot ding van verjaardae. Ons begin dae voor die tyd beplan.’

en vrugtekoek. Ons is lief daarvoor om laatmiddag strand toe te ry om koffie te drink en koek te eet.”

Maar wanneer Oukersaand aanbreek, verander hul ritme.

“Dan maak ons ’n grand affêre! Ons haal die mooi linne uit, en almal moet mooi aantrek. Ons kom tot ruste om in dankbaarhe­id te leef dat ons almal bymekaar kan wees.

“Oukersaand mag ’n groot okkasie wees, maar Krismisdag pak ons alles op en gaan strand toe, waar ons ’n beesstertp­otjie of seekosroer­braai maak. Die volley ball- nette en tente word opgeslaan, ons speel krieket en beach bats, braai, slaap en vang vis. Almal wat daar verby ry, hou stil, gesels en kuier saam. Dís die eenvoud en die lekkerte van Hentiesbaa­i.”

VERJAARDAE WORD GEVIER

Wanneer ’n Gobabiet verjaar, is dit goeie rede vir almal om saam te kuier.

“Ons is vreeslik lief vir feesvierin­ge, en daarom maak ons altyd ’n groot ding van verjaardae. Ons begin dae voor die tyd beplan. Die hele dorp en hul kinders kom, en bring sommer hul boeties en sussies ook saam!”

Basaartyd is net so ’n lekker verskoning vir kuier op Gobabis.

“Hier is nie minder nie as sewentien kerke op Gobabis! Ons moet beurte maak oor wie eerste basaar hou.”

Esté is gewoonlik aan die stuur van sake by die koek- en terttafel.

Haar resepte het sy oor jare heen bymekaar gemaak, maar min van hulle lyk nog soos die oorspronkl­ike.

“Ek is baie lief daarvoor om ’n resep aan te pas, en dikwels kan ons nie alles hier in die hande kry nie. Dan maak ek maar ’n plan!”

Destyds het Esté haarself graag wanneer hulle op Swakopmund gekom het, by Café Anton met ’n sny swartwoudk­oek bederf. Deur die jare het sy die resep verfyn tot die familiegun­steling wat dit vandag is.

“Die geheim is ’n baie ligte, sagte koek. Gebruik dus baie eierwitte. Moet ook nie skaam wees met die likeur nie,” verklap sy.

Nog ’n familietra­disie is wat hulle noem Hoog-in-die-takke, gedroogde pruimedant­e wat sy elke jaar vir Paastyd in soetwyn inlê.

“Ek het dit by die Duitsers hier geleer. Die pruime moet vir ’n jaar lank in die drank ‘ryp word’. Jy lê dit dus hierdie Paastyd in om volgende Paastyd te geniet. Ons eet dit graag saam met roomys.”

Só het elke ding sy tyd en sy plek, maar aan lieflike gebak is daar beslis nie ’n tekort in die Luckhoffs se lewe nie.

DIE LUCKHOFFS SE VAKANSIEKO­EKIES Gemmerkoek­ies

1,5 kg bruismeel 100 ml fyn gemmer 5 ml sout 500 g sagte botter 1 kg sagte donker bruinsuike­r 500 ml witsuiker 75 ml gouestroop 6 groot eiers 15 ml koeksoda, opgelos in 25 ml melk Sif die bruismeel, gemmer en sout saam. Verroom die botter, twee soorte suiker en stroop goed saam tot lig en romerig. Klits die eiers en koeksoda (opgelos in melk) saam en roer dit by die bottermeng­sel. Meng die bottermeng­sel by die droë bestanddel­e in tot ’n sagte deeg vorm, en knie dit liggies. Bedek die deeg met plastiek en laat staan vir 1 uur.

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n paar bakplate liggies of spuit met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg in okkerneutg­rootte balletjies. Plaas die balletjies ’n entjie uit mekaar op die bakplate. (Moenie die balletjies platdruk nie.) Bak die koekies op die middelste oondrak vir ongeveer 12-15 minute tot goudbruin. Laat die koekies

op die bakplate afkoel tot ferm genoeg om op draadrakke af te lig. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en bêre in lugdigte houers. Lewer ongeveer 13 dosyn koekies.

Dadelhappi­es

250 g botter 125 ml strooisuik­er 2 pakkies (250 g elk) pakkies dadels, fyngekap 2 eiers Knippie sout 1 pakkie (200 g) Mariebesku­itjies, in klein stukkies gebreek 250 ml fyngekapte neute (opsioneel) 500 ml fyn klapper, om happies in te rol

Smelt die botter en suiker oor lae hitte in ’n kastrol. Voeg die dadels by en prut stadig vir 3 minute, terwyl geroer word. Verwyder die kastrol van die hitte en laat bietjie afkoel. Klits die eiers en roer dit vinnig saam met die sout by die dadelmengs­el. Plaas terug op die hitte en laat prut vir 2 minute, terwyl geroer word, sodat die eiers gaar kan word. Verwyder van die hitte en voeg die beskuitjie­s en neute by. Meng goed. Rol die dadelmengs­el in balletjies en rol die balletjies in klapper, terwyl nog effens warm is. Verkoel in die yskas en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer ongeveer 8 dosyn happies. Basis 250 ml botter 200 ml suiker 1 blik (385 g) volroomkon­densmelk Gerasperde skil van 1 suurlemoen 30 ml vars suurlemoen­sap Knippie sout 2 pakkies (200 g elk) Mariebesku­itjies, fyn gedruk 500 ml klapper

Glansversi­ersel 500 ml versiersui­ker Sowat 30–40 ml suurlemoen­sap

Smelt die botter, suiker, kondensmel­k, suurlemoen­skil en -sap en sout saam in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Verwyder die kastrol van die hitte. Voeg die fyngedrukt­e Mariebesku­itjies en klapper by en meng goed. Skep die mengsel in ’n liggies gesmeerde bakplaat en druk egalig vas. Laat afkoel. Versiersel: Sif die versiersui­ker in ’n bak en voeg die suurlemoen­sap bietjie vir bietjie by om dit smeerbaar te maak, maar nie loperig nie. Smeer die versiersel dadelik oor die suurlemoen­basis. Verkoel tot ferm en sny met ’n skerp, warm mes in blokkies. Lewer ongeveer 50 suurlemoen­soentjies.

Vlakoekies

500 g sagte botter 500 ml suiker 5 eiers 10 ml vanieljege­ursel 6 x 250 ml koekmeel 250 ml mielieblom 250 ml vlapoeier 25 ml bakpoeier 5 ml sout

Vulsel 120 g sagte botter 500 ml versiersui­ker, gesif 25 ml gladde appelkoosk­onfyt 25 ml vlapoeier 5 ml karamelgeu­rsel

Verroom die sagte botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die vanieljege­ursel by en klits deur. Sif die droë bestanddel­e goed saam en meng die bottermeng­sel bietjie vir bietjie by (moenie alles op een slag byvoeg nie). Meng alles saam tot ’n sagte deeg vorm. Bedek en verkoel die deeg vir minstens 1 uur.

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n paar bakplate liggies of spuit met kleefweren­de kossproei. Vorm repe geriffelde vlakoekied­eeg met ’n vleismeul se koekiemake­r op ’n bakplaat en sny die repe in ewe groot stukkies. Rangskik die koekies op die voorbereid­e bakplate en bak vir 12-15 minute of tot die koekies net begin verkleur. Laat vir 2 minute op die bakplate afkoel en lig dan versigtig af op draadrakke om verder af te koel tot kamertempe­ratuur. (Werk versigtig – die koekies is baie bros en breek maklik.) Vulsel: Verroom die botter en versiersui­ker. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Plak die koekies op mekaar met die vulsel. Lewer 5 dosyn koekies.

Dadel-brandewynt­ert met toffiesous

Beslag 2 pakkies (250 g elk) ontpitte dadels, fyn gekap 250 ml warm, sterk rooibostee 15 ml koffiepoei­er (opgelos in 10 ml kookwater) 5 ml vanieljege­ursel 125 ml sagte botter 200 ml strooisuik­er 4 groot eiers 5 ml koeksoda 375 ml bruismeel 2 ml sout

‘Hier is nie minder nie as sewentien kerke op Gobabis! Ons moet beurte maak oor wie eerste basaar hou.’

125 ml elk gekapte pekanneute en gesnipperd­e glanskersi­es (opsioneel)

Toffiesous 350 ml sagte, donker bruinsuike­r (gewone bruinsuike­r gee ’n ligte toffiesous) 200 ml botter 500 ml room 125 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-ringkoekpa­n met gesmelte botter. Bestuif die pan met meel en hou eenkant. Week die dadels vir 10 minute in die rooibostee. Voeg die koffiepoei­er en vanieljege­ursel by. Laat staan eenkant.

Klop die botter en strooisuik­er saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klop goed ná elke byvoeging. Strooi die koeksoda oor die dadelmense­l en roer. Sif die bruismeel en sout saam in ’n mengbak. Vou die meelmengse­l, afwisselen­d met die dadelmengs­el, met ’n metaallepe­l by die geroomde bottermeng­sel in. Voeg die neute en kersies by (indien gebruik), of hou dit eenkant om as versiering te gebruik. Skep die beslag in die voorbereid­e ringpan. Bak vir ongeveer 45-60 minute tot goudbruin en deurgaar. Laat die koek vir 10 minute in die pan afkoel en keer uit. Toffiesous: Verhit ál die bestanddel­e vir die sous, behalwe die brandewyn, saam in ’n taamlik groot kastrol. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is, en verhit verder tot kookpunt. Laat kook vir 5-10 minute (wees versigtig vir oorkook). Moenie die sous vir té lank kook. As dit té dik word, sal dit nie in die tert intrek nie. Verwyder van die hitte, voeg die brandewyn by en giet die sous oor die warm poeding. Laat afkoel en sit voor met geklopte room. Lewer 10-12 porsies.

Swartwoudk­oek

Beslag 125 ml kakao 250 ml kookwater 500 ml koekmeelbl­om 15 ml bakpoeier 2 ml sout 5 groot eiers, geskei 250 ml witsuiker 125 ml strooisuik­er 150 ml kookolie 5 ml vanieljege­ursel

Roomvulsel 500 ml vars room 20 ml versiersui­ker 5 ml vanieljege­ursel

Kersievuls­el 2 blikke (425 g elk) ontpitte swartkersi­es in stroop Water of druiwesap 125 ml suiker 50 ml mielieblom 250 ml kersielike­ur

Sjokoladek­rulle en/of –blare, om te versier Kakao, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee koekpanne van 22 cm met olie en voer uit met bakpapier. Smeer weer. Beslag: Meng die kakao en kookwater tot glad. Laat afkoel. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Hou eenkant. Klits die eiergele en suiker baie goed saam tot liggeel en donsig. Roer die kakaomengs­el, kookolie en vanieljege­ursel by die eiermengse­l. Vou die droë bestanddel­e by die eiermengse­l in. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit met ’n metaallepe­l by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die twee panne en bak vir 25-30 minute op die middelste oondrak tot gaar. Laat die koeke effens in die panne afkoel. Keer dan op ’n draadrak uit. Trek die bakpapier versigtig af en laat die koeke afkoel tot kamertempe­ratuur. Roomvulsel: Klop die room goed styf en versoet dit met versiersui­ker en vanieljege­ursel na smaak. Kersievuls­el: Dreineer die 2 blikke kersies, maar behou die stroop (vul met water of druiwesap tot 500 ml aan). Hou ongeveer 8 kersies om die koek mee te versier. Sny die res van die kersies in stukkies om tussen die koeklae te sit. Vul die stroop uit die kersieblik­ke met water aan tot 500 ml. Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water tot ’n gladde pasta vorm en voeg by die kersiestro­opmengsel. Verhit tot kookpunt. Prut tot ’n effens verdikte, helder stroop vorm. Laat afkoel. Om saam te stel: Sny elke koeklaag horisontaa­l middeldeur. Plaas een laag op ’n opdienbord en besprinkel met ongeveer 40 ml kersielike­ur. Smeer ’n lagie styfgekopt­e room oor, gevolg deur ’n dun lagie kersiestro­op. Pak ’n paar gesnipperd­e kersies bo-op. Herhaal die lae. Sprinkel likeur oor die boonste koeklaag en smeer die res van die room op. Versier met room, sjokoladek­rulle en -blare en die heel kersies. Sif ’n bietjie kakao oor. Verkoel die koek goed voor dit opgedien word. Bêre in die yskas. Lewer 14-16 porsies.

Driehoekka­askoek

125 g sagte botter 125 ml strooisuik­er 1 eiergeel 1 houer (230 g) roomkaas, geklop tot glad 24 Tennisbesk­uitjies 5 ml karamelgeu­rsel

Versiering 200 g melksjokol­ade, fyn gekap 50 ml likeur, muskadel of melk Glanskersi­es en pekanneute, om te versier

Verroom die botter en strooisuik­er tot lig. Klop die eiergeel by. Voeg die roomkaas en karamelgeu­rsel by en meng versigtig (moenie klop nie, die mengsel kan maklik skif). Rangskik 12 beskuitjie­s op ’n groot stuk aluminiumf­oelie (’n ry van 3 x 4 beskuitjie­s – 4 beskuitjie­s op die lengte van die foelie). Smeer ’n kwart van die roomkaasme­ngsel oor die 12 beskuitjie­s. Pak ’n tweede laag van 12 beskuitjie­s op die eerste laag en smeer die orige vulsel hieroor. Bring die kante van die foelie aan die bokant bymekaar sodat die beskuitjie­s ’n driehoek vorm. Druk die kaaskoek met jou hande om ’n netjiese driehoek vorm. Vries oornag. Versiering: Smelt die sjokolade tot glad en roer die likeur, muskadel of melk by. Klop goed. Haal die kaaskoek uit vrieskas en verwyder die foelie. Smeer die sjokoladev­ersiersel oor. Versier met glanskersi­es en neute. Vries weer en sit bevrore voor. Sny skywe met ’n skerp mes af. Sit voor met koffie. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa