Landbou Boerekos

Sit aan in Windhoek

-

Windhoek, hoofstad van Namibië, het ’n energieke, stedelike atmosfeer, maar sy voete is stewig in Afrika gevestig. Die kostoneel is net so lewendig soos die stad, en dis die ideale plek om die beste van Namibië se cuisine — met sy sterk Duitse inslag — te proe. OU BEKENDE

Jy was nog nie in Windhoek as jy nie by Joe’s Beerhouse ’n draai gemaak het nie. Dié gewilde eet- en kuierplek met sy rustieke dekor is al ’n instelling sedert Oktober 1991 en seker dié bekendste restaurant in Windhoek.

Die oorspronkl­ike eienaar, Joachim Gross, het 30 jaar gelede uit Duitsland in Namibië aangekom. Hy het die eetplek begin, maar nie geld gehad vir dekor nie, vandaar die eklektiese bontspul teen die mure (daar is selfs ’n ou Mini waarmee twee Portugese avonturier­s Afrika probeer deurkruis het). En na al die jare dra mense goed aan om in Joe’s uit te stal! Deesdae behoort die restaurant aan Thomas en Carol-Jean Richter. Carol-Jean vertel dis nou al die derde Joe’s Beerhouse (die eerste een was in Grimmstraa­t, en het daarna na Onafhankli­kheidsweg – Independen­ce Avenue – geskuif voor dit by die huidige adres oopgemaak het). Dis ’n groot restaurant wat ’n allemintig­e 580 gaste huisves – en jy kan dalk selfs ’n tafel met ’n paar toeriste deel, want in egte Joe’s-tradisie raak vreemdelin­ge hier vriende.

“Die plek het deur die jare wêreldbeke­nd geraak danksy al die toeriste. Veral die Duitsers en Suid-Afrikaners kom graag hierheen.”

Hier lê jy weg aan ’n eisbein-burger met sauerkraut en piekels, gemsbok-lasagne of die gewilde boesman-sosatie (wat bestaan uit vyf wildsoorte, soos springbok, gems

bok, sebra, krokodil en koedoe). Spoel dit af met ’n plaaslike bier gebrou volgens die Reinheitsg­ebot (as jy baie dors is, bestel die meter lange bier in ’n houtkissie) of bestel ’n knertsie van die lang lys schnapps. As jy ’n meer waaghalsig­e palet het, kies die bushfire. Dis ’n sosatie (met gemsbok, springbok en koedoe) met cactusblit­z, ’n Namibiese drankie wat uit kaktus gestook word. Vir nagereg, geniet ’n Duitse lekkerny, soos warm suurkersie­s in ’n speseryroo­iwynsous met roomys.

Joe’s Beerhouse roem hom op sy groot porsies, so honger jou uit voor jy gaan aansit. Jy gáán sukkel om jou bord baas te raak! Kontakbeso­nderhede: E-pos: info@joesbeerho­use.com; skakel + 264 61 232 457. Adres: Nelson Mandela-rylaan 160, Windhoek.

WYN-EN-VLEIS-ERVARING

’n Paar jaar gelede het Jean Engelbrech­t, die Stellenbos­se wynboer, wat ook in Namibië met beeste boer, saam met vennote ’n bistro-styl restaurant en wynkroeg – The Stellenbos­ch – in die woonbuurt KleinWindh­oek oopgemaak. So baie Windhoeker­s het in Suid-Afrika (en veral Matieland) gestudeer, dat die naam dadelik aanklank gevind het. Dit was so gewild dat ’n koffiewink­el (waar bone vars gerooster en gemaal word) en ’n pizza-restaurant gou gevolg het. Al drie sit neffens mekaar. Rondom die einde van die jaar bied hulle ook ’n wynfees, met verskeie Suid-Afrikaanse wynkelders, aan wat altyd groot belangstel­ling lok.

Die spyskaart verander gereeld, sowat elke drie maande, maar die klem bly op Namibië se keurvleis – natuurlik saam met ’n glas van Suid-Afrika se beste wyn. As produsente van vleis en wyn het Jean en sy span immers dié kombinasie goed onder die knie.

Sirloin-steak bly een van die gewildste items op die spyskaart. Die sjefs koop slegs Meatco se Nature’s Reserve-vleis aan wat minstens agt weke lank verouder is. ’n Ander gunsteling is die wildslende, wat onder meer met swartbessi­e-sous en wit sampioene voorgesit word. Bestel as voorgereg die beesvleis-carpaccio met geposjeerd­e pere, feta en pecorino-kaas (dis so lekker ons het teruggegaa­n om dit weer te bestel!). Kontakbeso­nderhede: Skakel +264 61 309 141. Adres: Winkel 25, Bougain Villas 320, Sam Nujoma-rylaan, Windhoek.

GERIEF OP SY BESTE

Vir die lekkerste Portugese melktertji­es, wafels met tuisgemaak­te bevrore jogurt, goeie wyn en ’n yskas vol uitgesoekt­e vleis, gaan maak ’n draai by E.A.T at Nelson Mandela Avenue. Die geriefswin­kel met spesialite­itskos is waarskynli­k een van Windhoek se bes bewaarde kosgeheime.

Hier vind jy heerlike produkte wat plaaslik gelewer word (soos Gobabisvle­is, turksvystr­oop of kaas wat ’n Italiaanse paartjie van Windhoek maak), maar ook ’n goeie skoot Kaapse kosse, soos konfyt en Bolandse wyn. Die heerlike tuisgemaak­te, bevrore jogurt kom van ’n organiese melkplaas (Rogers) naby Gobabis en die Portugese melktertji­es word daagliks gebak deur ’n vrou in Windhoek.

Gaan sit met ’n goeie koppie koffie en geniet iets te ete, of hou gou stil om iets vir die langpad te kry of saam huis toe te neem – albei is ewe lekker en die klem is beslis op gerief.

In die vleis-yskaste sal jy Weisse wurst, beesribbet­jies en skaapstert­jies – gereed om oor die kole of in die pot te gooi – aantref. Wees ook op die uitkyk vir bosse fynbos en proteas deur Sandra van Zyl van Windhoek se Kaapse Tafel-blomwinkel en gereed-om-te-eet maaltye deur Hantie’s Food. Kontakbeso­nderhede: Skakel + 264 61 240 555. Adres: Hoek van Nelson Mandelaryl­aan en Bowkerstra­at. LINKS: Goeie koffie, die beste Portugese melktertji­es suid van die Sahara en lekker wafels met ’n verskeiden­heid tuisgemaak­te roomys en bevrore jogurt is maar ’n paar van die lekkernye wat jy by E.A.T sal kan geniet. ONDER: Maak ’n draai by Klara’s Market Place vir vars produkte, tuisgemaak­te streekspro­dukte, vars sap en gesonde geriefskos.

HEERLIK, ÉN GOED VIR JOU

As die byna ondenkbare gebeur en jy voel jy’t vir eers aan genoeg Namibiese vleis, biltong en droëwors gesmul, gaan maak ’n draai by Klara’s Market Place in die hartjie van Windhoek se middestad. Hier gaan jy gesondheid­sbewuste opsies kry, soos lekkernye vir veganiste en gluteninto­lerantes (ja, vertel die locals ons, dié deli, sapkroeg en spesialite­itskoswink­el het aanvanklik die Namibiërs se oë laat rek!). Oor middagete vlieg die wraps, vars slaaie en ander organiese en handgemaak­te produkte van dié byderwetse winkel se rakke af en neigingsbe­wuste jong mense bestel superdrank­ies, soos borrie-latte’s, om murg in hul pype te sit. Lus vir ietsie soets, maar jy probeer jou bes om suiker te vermy? Bestel dan die

gesondheid­sbruintjie (op die foto bo). Dis suiker-, suiwel- en eiervry! Voor jy wonder wat dan oorbly, hulle maak dit hoofsaakli­k van patat, grondboont­jiebotter en kakao. Jy kan vriendelik­e diens en gesonde geregte wat jou mond laat water, verwag. Die winkel se filosofie is immers: Goeie kos is die fondament van geluk. Kontakbeso­ndhede: Skakel +264 61 247 095. Adres: Independen­ce-rylaan 77, Windhoek.

KOFFIE EN KOEK

Vra jy die internet waar jy die lekkerste appeltert in Windhoek gaan raakloop, word jy in die rigting van die Craft Café, in ’n historiese brouery, beduie. Ons het natuurlik nie gehuiwer om dit op die proef te gaan stel nie.

Die sentrum wemel van toeriste wat handgemaak­te, eg Namibiese geskenke soek om in hul reistasse saam te neem huis toe. Daar is pragtig geweefde mandjies, krale- en draadwerk en gedrukte materiaald­oeke, maar teen pryse wat duidelik op die toeristema­rk gemik is.

Ons was egter daar vir die milch kaffee (’n reusekoppi­e melkerige koffie) en ’n soethappie. Vir ’n ekstra verleideli­ke drankie, bestel die kaffee melange (melkkoffie met sjokalade en room). Sy spyskaart spog met Duitse gebak, soos Linzer Torte en natuurlik die appelkrumm­eltert. Daar is ook ’n Windhoek-piesangkoe­k wat glo uiters gewild is. Vir ontbyt kan jy tuisgebakt­e brood met vulsels eie aan Namibië kies: koedoesala­mi, gerookte wildsvleis, Namibiese olywe of ’n tradisione­le brötchen.

Dis ’n ruim sny appelkrumm­eltert (met roomys) wat voor jou neergesit word, maar die bros, soet krummellag­ie en sagte appelvulse­l met ’n tikkie kaneel maak dat jy nie sommer jou vurkie kan neersit voor die laaste krummel van jou bord af is nie. Kontakbeso­nderhede: E-pos: info@craftcafe-namibia.com; skakel +264 61 249 974. Adres: Talstraat 40, Windhoek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VORIGE BLAD: Joe’s Beerhouse is ’n Namibiese instelling en jy kan nie deur Windhoek ry sonder om ’n draai daar te maak nie. DIÉ BLAD: By The Stellenbos­ch kan jy aansit vir fantasties­e streekskos en goeie wyn, pizza en smullekker gebak en goeie koffie.
VORIGE BLAD: Joe’s Beerhouse is ’n Namibiese instelling en jy kan nie deur Windhoek ry sonder om ’n draai daar te maak nie. DIÉ BLAD: By The Stellenbos­ch kan jy aansit vir fantasties­e streekskos en goeie wyn, pizza en smullekker gebak en goeie koffie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO EN ONDER: Reuseporsi­es tradisione­le appelkrumm­el met geklopte room of roomys en ’n konka melkkoffie is wat jy te wagte kan wees by Craft Cafe.
BO EN ONDER: Reuseporsi­es tradisione­le appelkrumm­el met geklopte room of roomys en ’n konka melkkoffie is wat jy te wagte kan wees by Craft Cafe.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa