Landbou Boerekos

Seekosfees langs die Skedelkus

As die stokke sing en die blinklywe deur die branders ingekatrol word — net om ’n paar minute later oor die kole, sommer daar op ’n ellelange strand gebraai te word — dán geniet jy die ware lekkerte van die Namibiese kuslyn.

- Teks: LUCILLE BOTHA Resepte: SHANE MILNE Stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE

As die Weskus-son oor die see by Swakopmund sak, kom daar ook ’n groot tevredenhe­id oor Jean Engelbrech­t, wat onlangs sy Suid-Afrikaanse strandhuis vir ’n plek op Swakop verruil het.

“Mense vra my hoekom ek hier wil vakansie hou. Ek weet nie wat dit is nie, maar daar is net iets. Hier kan ek visvang én met my motorfiets in die woestyn rondry.”

Die afgelope 15 jaar al, wanneer Jean en sy vriende uit die Stellenbos­se wynbedryf hier kom kuier, laat hulle nie sommer die kans verbygaan om saam met Shane Milne, eienaar van Aquanaut Tours, te gaan visvang nie. Vandag is dit ons beurt om ons lyf Sarah de Jager te gaan hou langs die Skedelkus.

“Ek is gebore met ’n visstok in die hand,” vertel Shane.

As jy hom vra op watter ouderdom hy begin visvang het, hou hy eers

twee, dan drie vingers in die lug op.

“My pa het my geleer, en visvang het gou my hele lewe geraak. Op skool, toe my vriende en die ander kinders van wiskunde geleer het, het ek ’n studie van die see gemaak. Dis al wat ek gedoen het; ek het elke dag strand toe gegaan en visgevang. Dit was ook al wat ek wóú doen.” So, ja, reeds as ’n laaitie het hy die Skedelkus se strande en ryk, koue seestrome soos die palm van sy hand leer ken.

Somertyd baljaar hy onder die steenbras, kolstert en kabeljou, en in die winter hang die galjoene aan sy hoeke.

“Dis my plaas hierdie, man! ’n Lekker gróót plaas,” vertel Shane, terwyl ons oor die sand jaag in sy 4x4 om na ’n vissersvri­end se kabeljouva­ngs te gaan kyk.

Daar is nie ’ n myl waar hy nog nie gehengel het nie (die visvangple­kke langs die Skedelkus word in myle aangedui, soos gemeet vanaf

‘Stres is die een ding wat ons nooit in Namibië doen nie. Ons maak planne soos ons aangaan.’

Swakopmund se poskantoor, en loop al die pad tot by Myl 108). Shane se oë draai gedurig see toe. “Kyk hierdie lekker water,” beduie hy waar die branders vaalwit breek. Dís wat ’n goeie visserman van die res onderskei: Sy vermoë om die see te peil.

“Jy moet die water kan lees om agter te kom waar die vis is. Die res is maklik. Daar is obviously ook ’n klomp geluk betrokke. Ek bedoel, dis maar hoe hengel is: Vandag gaan jy uit en jy vang iets, maar môre kry jy niks nie.”

Maar waarvoor moet ’n mens op die uitkyk wees om te bepaal waar die vis loop? wil ons weet, waar ons by Myl 26 met groot opgewonden­heid wag vir ons stokke om krom te staan en die lyne om te begin sing.

“Sien, dís die moeilike ding. Jy kyk na die stroom. Hoe breek hy? Jy kyk na die witwater, die struktuur, die stroom . . . dis ’n paar van die goed waarna jy moet oplet.”

Om dag ná dag langs die viswaters te staan, uitgelewer aan die elemente, en soms boonop leë hande huiswaarts te keer, is nie aldag maklik nie. Maar vir Shane is visvang ’n leefwyse. Al wat hy nog altyd wou doen.

“Dis die allure van vryheid. Ons is vrý hier buite. Hier is nie ’n baas wat vir my sê

wat om te doen nie, en ek het die beste kantoor ter wêreld. Soms is die weer sleg, maar, ag wat . . . En dan is daar natuurlik die uitdaging om daardie visse op te spoor en hulle te probeer vang.”’

Shane jaag egter nie die groot menere na nie. “’n Ware visserman gee nie ’n duit om oor wat hy vang nie; jy wil net daar buite wees. Elke vis is opwindend. Ek kan nie sê een vis is beter as ’n ander een nie; elkeen het sy eie ding. Galjoen raak miskien nie baie groot nie – net sowat 3 kg by ons in Namibië – maar dis ’n moeilike vis om te vang omdat sy bek klein is en hy net sekere aas vat.”

Maar, ja, erken hy, dit ís spesiaal as ’n kabeljou wat die skaal dóér laat trek, jou hoek gryp.

“En die vis is so mooi!”

HOE VARSER, HOE LEKKERDER

In sy ure op die strand het hy ook geleer hoe om seekos behoorlik voor te berei – sommer net daar op die strand, met die varsste en beste bestanddel­e wat die see vir hom bring, en ’n vuurtjie wat knetter vir geselskap.

“In die kreefseiso­en sal ons met die familie strand toe kom en gaan duik. Hier word jy sewe krewe per persoon toege

laat, maak nie saak of jy duik of nie. Jy vat die honde en die kinders, kry vir die hele lot ’n permit en haal genoeg krewe vir almal uit, gooi dit in ’n pot en eet dit net daar op die strand. Dis die wonderlike ding van Namibië – ons het nog soveel vryheid.”

Buiten die swartmosse­ls, vars kabeljou en galjoen wat ons uittrek en waarmee Shane sashimi, gebraaide en diepgebraa­ide vis op die strand voorsit, het hy ook ’n bietjie proviand – oesters en kreef – saamgebrin­g.

“Seekos móét vars wees. Vars vis sal altyd fenomenaal wees. Jy kan dit nie opneuk nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie. Jy kan die varsheid proe. Ek verpes bevrore vis, maar omdat hier ’n kreefseiso­en is, moes ek kreef uit die vrieskas saambring. Die beste ding om met bevrore seekos te doen, is om paella te maak. Steek dit weg met souse!”

Ons lek behoorlik ons lippe af vir die galjoen wat voorlê. Dis nie eintlik ’n galjoen-jaar nie, vertel Shane, want die strome en temperatuu­r speel nie saam nie.

“Die galjoene in Suid-Afrika raak groter as dié by ons, maar ek hoor stories dat hulle nie dieselfde smaak nie. Hulle is glo baie beter hier in Namibië. Dis dieselfde met ons oesters, wat fenomenaal is as

‘’n Ware visserman gee nie ’n duit om oor wat hy vang nie; jy wil net daar buite wees. Elke vis is opwindend.’

jy dit met Ooskus-oesters vergelyk.”

Terwyl hy sy vrou se spesiale sous – Schatzie se chutney – by die paella oor die kole voeg, verklap hy sy beste koksgeheim met ’n knipoog: “Jy moet mense lank laat wag sodat hulle baie honger is. Hoe hongerder hulle is, hoe beter smaak jou kos!”

BEWARING IS BELANGRIK

As buitelughe­bber is Shane ook ernstig oor bewaring. Die meeste van sy blinklywe gaan terug see toe, en as kliënte besonder groot visse vang, probeer hy hulle ook oortuig om die visse weer te laat gaan.

“Steenbras sal in ons leeftyd uitsterf. Dit maak my hartseer, veral as jy dink dit was dertig jaar gelede die dominante vis hier rond. Witsteenbr­as is gebiedsgeb­onde. Sodra hulle eers uit ’n gebied is, is hulle weg. Dis hoekom ons nou so ver moet gaan as ons hulle wil vang.

“Ons toekoms – nie net myne nie, maar ook ons kinders s’n – hang van bewaring af. Daar word baie goeie werk gedoen, veral deur die hengelaars. In hierdie land maak niemand haaie (soos gespikkeld­e sloothaaie en koperhaaie) dood nie, want dis ons enigste roofvis. Daarom pas die hengelaars dit op. Ons vra ook ons kliënte om ons teelvoorra­ad te beskerm.

“Ek sou graag die verkope van steenbras wou keer.”

Shane vertel dis nie meer soos in die ou dae toe al wat ’n Swakopmund­er is, gehengel het nie.

“Dis ’n snaakse ding. Visvang het amper ’n elitesport geword, waar dit destyds alleman se ding was. Dit het baie duur geword – die toerusting en aas kos baie. Dit kos jou deesdae maklik R500 per dag om te gaan visvang. Vis het ook duur geraak – dis nou duurder as vleis. Twee kabeljoutj­ies kos R300, en daai galjoen is R200 werd . . .”

Dis nog maklik en spotgoedko­op om ’n visvangper­mit te kry, al was daar stories dat die prys sou styg.

“Dit raak egter regtig moeilik om vis te vang. In die ou dae was dit maklik. Álmal kon visvang. Nou sal ’n gemiddelde Suid-Afrikaner sukkel om sommer tien visse te vang. Ons wat profession­eel visvang, kry dan nie eens elke dag vis nie. Maar hier is nog plekke . . . ek het nou een oggend 20 gooie gemaak en 19 visse gevang!”

Shane staan vir ’n oomblik stil en takseer die viswaters.

“Dis ’n beautiful lewe. Ek sal dit nie wil verander nie, al is ons aan die see se genade uitgelewer. Maar stres is die een ding wat ons nooit in Namibië doen nie. Ons maak planne soos ons aangaan.”

Galjoen oor die kole

Suid-Afrika se nasionale vis is ongelukkig al ’n geruime tyd op die Suid-Afrikaanse Volhoubare Seekosinis­atief (SASSI) se rooilys. In Suid-Afrika mag hengelaars met permitte net twee galjoene per dag van 1 Maart tot 14 Oktober vang. Vangste mag glad nie verkoop word nie. Namibië se regulasies (slegs vir permithoue­rs wat met ’n lyn en hoek vang) bepaal die permithoue­r mag net tien galjoene per dag vang, en die visse moet groter as 30 cm wees.

Wat eetgehalte en smaak betref, is daar bitter min vis in die see wat by galjoen kan kers vashou, indien enige. Daar is net een manier om ’n galjoen gaar te maak: oor die kole. Dit is ’n sonde om dié vis met geurmiddel­s en souse by te dam. Sout en suurlemoen – dis al.

1 galjoen, oopgevlek en skoongemaa­k Spatsel olie vir die velkant Sout en vars suurlemoen

Druk die binnekant van die vis droog. Smeer die velkant met ’n lagie olie en geur die vleiskant liggies met sout. Braai die vis oopgevlek in ’n toeklaproo­ster – vleiskant eerste. Draai gereeld, oor matige kole, terwyl jy nou en dan nog ’n titseltjie sout sprinkel tot die vis gaar is en maklik vlok. Drup ’n bietjie vars suurlemoen­sap oor. Lewer 4-6 porsies.

‘Vars vis sal altyd fenomenaal wees. Jy kan dit nie opneuk nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Jean Engelbrech­t, wynboer en sakeman van Stellenbos­ch, laat nie ’n kans verbygaan om lyn nat te maak in die koue water van die Skedelkus in die hoop om ’n galjoen of kabeljou uit te trek nie.
Jean Engelbrech­t, wynboer en sakeman van Stellenbos­ch, laat nie ’n kans verbygaan om lyn nat te maak in die koue water van die Skedelkus in die hoop om ’n galjoen of kabeljou uit te trek nie.
 ??  ?? BO: Om reg langs die see met jou tone in die sand aan te sit vir ’n seekosfees van die varsste galjoen en kabeljou, Shane se smullekker Swakop-paella, sashimi, oesters en romerige mosselsop met brötchen, is ’n onbeskryfl­ike lekkerte.
REGS: Shane Milne (agter) en Shaun Oberg van Aquanaut Tours sit aas aan ons hoeke.
BO: Om reg langs die see met jou tone in die sand aan te sit vir ’n seekosfees van die varsste galjoen en kabeljou, Shane se smullekker Swakop-paella, sashimi, oesters en romerige mosselsop met brötchen, is ’n onbeskryfl­ike lekkerte. REGS: Shane Milne (agter) en Shaun Oberg van Aquanaut Tours sit aas aan ons hoeke.
 ??  ?? Die Landbou Boerekos- span sê dankie aan almal by Aquanaut Tours op Swakopmund vir ’n onvergeetl­ike dag van visvang en mondwaterl­ekker seekos langs die Skedelkus.
Die Landbou Boerekos- span sê dankie aan almal by Aquanaut Tours op Swakopmund vir ’n onvergeetl­ike dag van visvang en mondwaterl­ekker seekos langs die Skedelkus.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa