Landbou Boerekos

‘’n Mens rafel nie uit op ’n plaas nie’

- Teks: LUCILLE BOTHA Resepte: TRUDIE VAN ZYL Stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: SUSAN NEL

Dis nie jou tipiese landing wanneer ons met die sessitplek- Beechcraft Bonanza op Langverwac­ht neerstryk nie. Nee, ons vlieg eers ’n draai om seker te maak daar is nie ’n verdwaalde skaap of springbok op die landingstr­ook op die Van Zyls se familiepla­as, 30 km van Gochas, in die suidooste van Namibië, nie.

Kort ná Marnus en Trudie van Zyl ons by die vliegtuig kom groet, bevestig hulle ons is nou in “wilde wêreld”, hier waar hulle boer met Dorpers, Van Rooy, Simmentale­rs, Brahmane en Simbras. Later, in sy kantoor, gaan wys Marnus ’n stel horings van die osse wat in 1889 sy oupagrootj­ie se transportw­a van Piketberg af tot op die buurplaas getrek het.

“My oupa, Jan, het Langverwac­ht in 1924 by die destydse regering as ’n rou stuk grond gekoop.

“Jy weet, hier was niks. Hy’t ’ n put gegrawe en sy eie dinamiet geskiet wat hy met ’n wa op Gibeon by die stasie gaan haal het. So het hulle maar aan die gang gekom. Dit was wilde wêreld gewees.”

Iets van die Kalkveld, met sy witgatbome en lemoendori­ngs, driedoring­bosse en boesmangra­sse, se ongenaakba­arheid kon ons al vanuit die lug sien.

“Ons reënval is tussen nul en nêrens. Hier was ’n ou oom wat afgetree het, toe hou hulle vir hom ’n paartie en sê hy moet iets sê oor sy jare van boerdery. Toe sê hy: ‘Man, dit was ’n lang droogte met hier en daar ’n groen jaar!’”

Maar niks hiervan is te bespeur in Langverwac­ht se opstal nie, waar pragtige skilderye teen die mure pryk en goeiegehal­te-linne en fyn porseleinb­akke op die ontbyttafe­l regstaan.

“My skoonma het altyd gesê ’n mens rafel nie uit op die plaas nie,” vertel Trudie, wat ook uit Piketberg se wêreld kom en ná skool by die Silwood-kook

‘Weet jy, as hier ’n paar druppels reën val, is almal in rep en roer. Die diere spring in die lug en die mense bel mekaar oor en weer.’

skool in Kaapstad onder die befaamde Peter Veldsman studeer het.

VLIEGTUIGM­AL FAMILIE

Marnus het die plaas in 1978 by sy pa, Thinus, oorgeneem, en hy en Trudie het hard gewerk om hul boerdery uit te brei. Trudie vertel hulle was selfs ’n paar jaar lank eienaars van die Gochas-winkel, wat Marnus se pa en sy oom Callie van Niekerk begin het, om hul kontantvlo­ei ’n inspuiting te gee.

“Ons het alles van ’n perd tot ’n dooie polisieman in die winkel gehad! Marnus het daardie tyd nog baie bees vervoer en ek het self ’n swaarvoert­uiglisensi­e gehad om te help ry. Ons het maar die kers aan al die kante gebrand; dis nie ’n sagte wêreld dié nie. Later het ons, om van die winkel ontslae te raak, dit vir ’n plaas geruil!

“In daardie jare het Marnus vir die weermag gevlieg as deel van die kommando’s, en die plaaswerke­rs moes boer. Ons was deur swaar tye . . . die tagtigerja­re het almal in hierdie land snaakse goed laat doen.”

Die vlieggogga het Marnus as jong seun gebyt toe ene oom Willem Steenkamp op ’n dag vir hom ’n Beechcraft Bonanza gekoop en daarmee op die pad by Gochas geland het, en dit voor die hotel parkeer het.

“Ek onthou hoe ek gehardloop het en op die vlerk gaan klim het en die ruik van daardie vliegtuig . . . Dit het loop vassteek.”

Op universite­it het Marnus geld verdien deur ou motorfiets­e by Namibiese boere te koop, dit te herstel en aan die Stellenbos­se studente te verkoop. In die proses het hy ook gereeld vir hom ’n beter motorfiets gekoop.

“In my laaste jaar, ek was al ’n bietjie overdue met my studies, het ek vir my pa gesê ek wil vlieg. Hy het vir my gevra: ‘As jy ’n vlieglisen­sie het, wat wil jy met hom maak? Ons kan nie ’n vliegtuig koop nie.’ Ek dink toe ek moet ’n ander plan maak. Ek het ’n lekker smart mouterbaai­k gehad en verkoop hom toe vir R1200, waarmee ek daardie kas gekoop het (hy het R600 gekos) en met die ander R600 het ek leer vlieg.

“In 1978, toe begin die oorlogbesi­gheid mos, het ek te voet in die bos gegaan en gesien daar is mense wat met privaat vliegtuie vlieg. Ek het besef ek moet by hulle uitkom. My skoonpa en sy buurman het ’n vliegtuigi­e gehad. Ek sê toe ek sal dit koop, maar ek het nie geld gehad nie. Man, ek het niks, ek het net begin boer en ek het net 236 skaap gehad. My skoonpa sê toe hy sal sy deel vir my present gee, maar ek moes R7000 vir die ander ou se deel betaal. Dit was ’n klein vliegtuigi­e, ’n ou 172’tjie, maar ek is die oorlog in met hom. Dit was wilde tye gewees.”

Sy tweede vliegtuig het hy afgeskryf, in ’n noue ontkoming in die Caprivistr­ook toe die vliegtuig se skroef breek en hy die vliegtuig basies op sy sy moes draai om deur ’n opening tussen bome deur te vlieg om op ’n pan te land.

“Dit was 25 sekondes vandat hy gebreek het tot ek op die grond was!”

Nie eens dit het Marnus gekeer om aan te hou vlieg nie, en die liefde ook aan sy seun, Thinus, en skoonseun Jan-Christo Coetzer oor te dra. En waar jy in Namibië kom, verseker mense jou daar is niemand wat beter agter die kontroles is nie as Marnus van Zyl.

“Dis nou 43 jaar dat ek die vliegsiekt­e het,

en dis ’n duur siekte! Maar dis seker in jou bloed, en dit het baie gehelp met ons afstande. Selfs vandag nog sal ek in die môre opstaan en sommer die plase se lyne omvlieg en hul water kyk en so.”

KALAHARI-JAGPARADYS

Marnus het in 1982 sy eerste plaas in die Kalahari gekoop – teen “die verskrikli­ke prys” van R25/ha. Sy tweede plaas, Buitepos, langs die Nossob-rivier met ’n uitsig op Botswana, het hy in 1986 gekoop.

Elke jaar sedertdien was dit die familie se Paasfees-kuierplek, vertel hul dogter, Matty Boltman.

“Dis soos klein-Kersfees. Eers was daar niks nie, dus het ons op die duin gaan sit en daar gebraai. En toe saag iemand die boom af waarin ons die rooster gesit het. My pa was baie kwaad, maar toe het hy ’n plekkie gebou – eers so ’n lapatjie op die duin en later die lodge.”

Die lodge is deesdae ’n luukse jag-lodge, Outpost, waaroor trofeejagt­ers, korporatie­we groepe en biltongjag­ters gaande is – veral oor die wildsvleis, bobotie en afval wat voorgesit word. Trudie glo immers mense wil lekker eet, hulle soek nie vreemde kos nie.

Soos Matty sê: “Kos is ’n baie belangrike deel van ons; dit was nog altyd die saamkompun­t. As ek aan ons kleintyd dink, dink ek aan ryk en room . . . ek dink aan plaaskos. Ons mag koekies vir ontbyt geëet het, want my ouma Martha het gesê daar is meel en eiers in! Op Sondae het ons hoender geëet, want die week was vir vleis.

“Ek kan nie onthou dat ons ooit slaai en groente geëet het nie!”

Nog een van ouma Martha se wyshede was om Trudie aan te moedig om nooit op te hou om haar kinders kombuiskun­sies te leer nie. En nes Matty destyds met haar klein handjies haar ma gehelp het om ’n lam in te sout, help die kleinkinde­rs Trudie deesdae steakies of brood-en-botterpoed­ing maak.

“Toe ek klein was, kon ek en my ma nooit saam in die kombuis wees nie. Volgens haar het ek altyd alles verkeerd gedoen, maar dis omdat sy so verskrikli­k perfeksion­isties is, en vandag is ek presies so. My man sê altyd vir my: ‘Jou ma se kos is so geurig.’ Maar ek dink dis die liefde wat daarin is.”

ROLY-POLY EN GEDROOGDE BOONTJIES

Trudie se passie vir kos maak kom van haar pa, Hennie Hanekom, ’n wynboer naby Piketberg. “My ma, Truida, het my baie

‘Hier is jy pelle met die poliesman, die predikant en die een wat eerste dronk is by’n paartie . . . daar is nie onderskeid nie, almal is jou pel, want dis jou mense.’

 ??  ??
 ??  ?? LINKS en BO: Vir Marnus en Trudie van Zyl is die “wilde wêreld” in die suidooste van Namibië waar hulle op Langverwac­ht boer, huis. Maar as hulle wil gaan kuier, of vinnig ’n draai by hul ander plase wil maak, skuif die vlieënier-boer graag agter die kontroles van sy vliegtuig in. In Namibië sal die mense jou gou vertel: “Niemand vlieg beter as Marnus van Zyl nie.”
LINKS en BO: Vir Marnus en Trudie van Zyl is die “wilde wêreld” in die suidooste van Namibië waar hulle op Langverwac­ht boer, huis. Maar as hulle wil gaan kuier, of vinnig ’n draai by hul ander plase wil maak, skuif die vlieënier-boer graag agter die kontroles van sy vliegtuig in. In Namibië sal die mense jou gou vertel: “Niemand vlieg beter as Marnus van Zyl nie.”
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die vlieggogga het Marnus al gebyt toe hy ’n jong seun was, en hy het die liefde aan sy seun en skoonseun oorgedra.
Die vlieggogga het Marnus al gebyt toe hy ’n jong seun was, en hy het die liefde aan sy seun en skoonseun oorgedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa