Landbou Boerekos

Noem my kartoffel

Aartappels is ’n goue boerekosgu­nsteling, maar ook in Namibië loop jy oral die heerlikste aartappelg­eregte raak — dikwels met ’n Duitse baadjie aan. Ons het weggelê aan kartoffelp­offers, -sop en –krokette, om maar ’n paar te noem. Smul saam aan ons toetsk

-

Waaieraart­appels met uie en mosterdroo­m

Ek hou daarvan om aartappels op hierdie manier gaar te maak, want deur dun skyfies in die aartappel te sny voor jy dit geur, kry jy die maksimum geur in die gaar aartappel. ’n Nuttige wenk is om die aartappel op ’n lepel te sit wanneer jy dit sny. Die lepel se rand keer dat jy té diep of deur die aartappel sny.

4 groot aartappels, geskrop en afgedroog Olyfolie, sout en varsgemaal­de swartpeper 1 ui, geskil, gehalveer en in baie dun skyfies gesny 2 knoffelhui­sies, geskil en in baie dun skyfies gesny Spatsels water

Mosterdroo­m

125 ml roomkaas 15 ml suurroom 15 ml heelkorrel­mosterd Skeut vars suurlemoen­sap Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Gebraaide salieblare, om af te rond (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak eweredige kepe in die aartappels met ’n skerp mes (sien die inleiding bo). Pak die aartappels in ’n oondbak en bedruip liggies met olyfolie. Geur goed (ook tussen die kepe) met sout en peper. Druk ’n dun stukkie ui in elke keep en plek-plek ’n dun skyfie knoffel. Spat ’n paar druppels water oor die aartappels. Bedek die bak met foelie en bak vir 40 minute. Haal die foelie af, drup weer olyfolie oor elke aartappel en besprinkel met sout. Bak vir ongeveer 20 minute tot die aartappels gaar en die bokante bros is.

Klop ál die bestanddel­e vir die mosterdroo­m goed saam en skep ’n lepel daarvan op elke warm aartappel. Rond af met brosgebraa­ide salieblare, indien verkies. Sit dadelik as bykos voor. Lewer 4 porsies.

Aartappelp­annekoek

Dié geurige en vullende pannekoeke is lekker vir enige tyd van die dag. Dit pas by ontbyt en smaak vorentoe saam met eier of spek, maar jy kan dit ook as middagete voorsit met roomkaas, piekels en gerookte vis of gerookte varkwors.

1,2 kg aartappels, geskil en fyn gerasper 1 klein ui, fyngeraspe­r 2 ekstragroo­t eiers 60-125 ml koekmeel 5 ml sout Swartpeper na smaak Olie, vir braai

Druk die gerasperde aartappel in sarsies styf tussen jou hande om van alle oortollige vog ontslae te raak. Sit die aartappel nou in ’n mengbak en voeg die gerasperde ui, eiers, koekmeel en sout by. Geur na smaak met swartpeper en meng goed. Voeg ’n bietjie ekstra meel by as die mengsel nie bind nie.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan tot baie warm en skep eetlepels vol van die beslag in die olie. Druk die aartappelb­eslag effens platter met die lepel en braai tot goudbruin en bros. Draai om en braai ook aan die ander kant tot goudbruin en bros. Skep uit die pan, dreineer op kombuispap­ier en sit voor met ’n sous van suurroom, vars suurlemoen­sap en fyngekapte grasuie. Lewer 9 pannekoeke.

Aartappel-enblaarkoo­lgratin

’n Ryk en heerlike aartappelb­ygereg.

Gesmoorde kool

1 ui, baie fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml botter 30 ml olie ’n Kwart blaarkool, fyngekerf Sout en varsgemaal­de swartpeper 375 ml witwyn 375 ml hoender- of groente-aftreksel Sap van 1 suurlemoen, of 30 ml witasyn 15 ml suiker 4 groot aartappels, geskil en gekook 180 ml gerasperde parmesaan- of gruyèrekaa­s 250 ml suurroom 60 ml melk 125 ml vars broodkrumm­els 30 ml gesmelte botter

Braai die ui en knoffel stadig in die botter en olie tot sag. Voeg die blaarkool by en braai verder tot amper sag. Geur na smaak met sout en peper en voeg die witwyn by. Verhit tot die wyn vinnig kook en voeg die aftreksel by. Kook tot die vloeistof amper alles afgekook is. Voeg die suurlemoen­sap of asyn en suiker by en roer deur. Laat staan vir 5 minute. Voorverhit die oond tot 150 °C. Skep die helfte van die koolmengse­l in ’n vuurvaste oondskotte­l. Sny 2 van die aartappels in skyfies en pak dit op die kool sodat die aartappels­kywe oorvleuel. Strooi 60 ml van die kaas oor. Klits die suurroom en melk saam tot glad en giet die helfte oor die aartappels. Herhaal met die res van kool, die ander 2 aartappels (ook in skywe gesny en gepak soos die eerste laag), 60 ml van die kaas en die res van die suurroomme­ngsel. Meng die orige kaas met die broodkrumm­els en botter en sprinkel oor. Geur

weer met sout en peper. Bak vir 1 uur tot die krummelmen­gsel goudbruin en bros en die sous dik en borrelend is. Laat vir 10 minute staan en sit voor as bykos. Lewer 8-10 porsies.

Aartappel-bierbrood

125 ml oorskiet-kapokaarta­ppels 60 ml bier 250 ml warm melk 60 g botter 1 eier 4 x 250 ml witbroodme­el 5 ml sout 1 pakkie (10 g) kitsgis 160 ml gerasperde cheddarkaa­s

Meng die kapokaarta­ppels, bier, melk en botter tot ’n gladde mengsel vorm. Voeg die eier by en klop goed. Hou eenkant.

Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak en voeg die aartappelm­engsel by. Meng goed – die mengsel sal klewerig wees, maar hou aan met roer en meng vir ongeveer 10 minute. Moenie nog meel byvoeg nie. Bedek die bak met ’n teedoek en laat staan dit op ’n warm plek om te rys.

Sodra die deeg in volume verdubbel het, knie dit af en voeg die kaas by. Knie goed deur en verdeel die deeg in twee ewe groot stukke. Smeer twee middelslag­broodpanne goed met olie en sit ’n stuk deeg in elke pan. Maak die panne met ’n teedoek toe en laat staan weer op ’n warm plek tot die deeg mooi vol gerys het.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die brood vir 30-35 minute tot deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die panne afkoel, keer uit en sit louwarm voor met botter en kaas. Andersins kan jy die brood laat afkoel tot kamertempe­ratuur en in ’n lugdigte houer bêre. Lewer 2 middelslag­brode.

Romerige aartappele­n-groentesop met bros varkwors

15 ml olie 5 repe spekvleis, gesnipper 1 ui, fyngekap 1 prei, fyngekap 2 wortels, fyngekap 500 ml fyngekerfd­e blaarkool 2 liter groente- of hoenderaft­reksel 3 aartappels, in blokkies gesny 1 lourierbla­ar Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Gerasperde neutmuskaa­t na smaak 4 groot varkworsie­s van goeie gehalte

Olie, vir braai Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die spek, ui, prei en wortels stadig daarin tot die groente sag is. Voeg die kool by en braai ook vir ’n paar minute. Voeg nou die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die aartappels en lourierbla­ar by en prut vir 20-30 minute of tot die aartappelb­lokkies heeltemal sag is. Haal die lourierbla­ar uit en verpulp tot sop. Geur na smaak met sout, varsgemaal­de swartpeper en ’n bietjie neutmuskaa­t. Bedek en laat staan die sop eenkant sodat die geure kan ontwikkel.

Stoom die varkworsie­s gaar in ’n bietjie water. Haal uit en laat afkoel. Sny die worsies in dun skyfies en braai dit in warm olie in ’n pan tot goudbruin en bros. Skep uit, dreineer op kombuispap­ier en sit elke bakkie sop met ’n skep brosgebraa­ide varkworsie­s bo-op voor. Lewer 6 porsies.

Aartappel-en-spekgebak

Sit hierdie vullende soutgebak as ontbytgere­g of bykos voor.

1,2 kg aartappels Sout, varsgemaal­de swartpeper en gerasperde neutmuskaa­t na smaak 2 uie, gekap Halwe pak (125 g) spekvleis, gesnipper 250 ml room 4 ekstragroo­t eiers 3 ml fyngekapte, vars roosmaryn of tiemie

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n gesmeerde oondpan met bakpapier uit. Smeer die bakpapier goed met olie. Skil die helfte van die aartappels en kook dit in ’n kastrol met soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn met ’n aartappeld­rukker. Geur goed met sout, peper en neutmuskaa­t. Hou eenkant. Braai die uie en spek saam in ’n pan tot die uie sag en gaar is. Meng dit met die fyngedrukt­e aartappels. Skil die res van die aartappels en rasper dit fyn. Meng die rou, gerasperde aartappels met die fynaartapp­elen-uiemengsel, room, eiers en geurmiddel­s na smaak goed saam tot dit soos deeg is. Skep die “deeg” in die voorbereid­e pan en bak vir 50-60 minute. Laat sowat 10 minute in die pan afkoel en keer uit. Trek die bakpapier af en sny in skywe. Sit voor met slaai. Lewer 10 porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa