Landbou Boerekos

SKAAP- & LAMSVLEIS

-

Lamskerrie met droëperske­s

1,5 kg lamskouer, in blokkies gesny 30 ml olie 4 uie, in wiggies gesny 15 ml elk kerriepoei­er en garam masala 5 ml borrie 10 ml sout Swartpeper en bruinsuike­r na smaak 2 kaneelstok­ke 2 lourierbla­re 125 ml wit druiwe-asyn 500 ml tuisgemaak­te vleisaftre­ksel 250 g droëperske­s, gehalveer indien baie groot

Braai die vleis in ’n groot kastrol in die olie tot bruin. Skep uit en braai die uie in dieselfde pot tot sag. Voeg die kerriepoei­er, masala, borrie en sout by en braai vir 3-5 minute tot geurig. Sit die vleis terug in die pot en voeg die res van die bestanddel­e, buiten die droëperske­s, by. Geur na smaak met swartpeper en bruinsuike­r. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 2 uur. Voeg die droëperske­s by en prut vir ’n verdere 45 minute of tot die vleis baie sag is. Geur nog indien nodig. Sit voor op gestoomde basmatirys met blatjang, gesnipperd­e piesang en klapper en lekker vars tamatiesam­bal. Lewer 8 porsies.

Lamsribpas­teie

Lamsrib is ’n geurige snit danksy al die vet en bene aan die vleis. Dit maak dus ’n lekker pasteivuls­el, sonder dat jy nodig het om veel ander bestanddel­e daarby te sit. Ek hou daarvan eenvoudig gaargemaak – met net sout, peper en ’n bietjie gemaalde koljander. Aan die einde van die gaarmaakty­d, en nadat die bene verwyder is, voeg ek ’n lepel sjerrie-asyn of ’n skeut suurlemoen­sap by.

Broskorsde­eg

750 ml koekmeel 7 ml sout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 1 groot eiergeel Yswater

Vulsel

2 lamsribbet­jies, in ribstukkie­s gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 15 ml fyn koljander Sjerrie-asyn of vars suurlemoen­sap 1 eier, geklits

Deeg: Pols die meel, sout en botter saam in ’n voedselver­werker tot krummelrig (of vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meel en sout in). Voeg die eiergeel en ’n paar druppels yswater by tot daar klam frummels vorm wat aan mekaar begin vassit. Keer die mengsel uit op ’n werksopper­vlak en druk bymekaar in ’n plat skyf deeg. Draai die deeg toe in kleefplast­iek en verkoel vir minstens 1 uur. Vulsel: Geur die ribstukkie­s met sout, peper en koljander. Plaas dit saam met ’n bietjie water in ’n drukkoker en kook of stoom dit tot die vleis van die bene af val. Verwyder die bene en sny die vleis fyner. Geur met sjerrie-asyn of suurlemoen­sap en laat die vulsel afkoel.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n muffinpan met olie of bespuit die pan met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en sny 8-10 groot sirkels uit (waarmee jy die boom en kante van die muffinholt­es kan uitvoer). Voer die pan se holtes met die deeg uit en skep die vleisvulse­l daarin. Druk die orige deeg liggies bymekaar en rol dit weer uit. Druk kleiner sirkels uit en bedek die vleisvulse­l daarmee. Verseël die kante en verf die deeg met geklitste eier. Bak vir sowat 30 minute tot gaar en goudbruin. Sit die pasteie (warm of teen kamertempe­ratuur) voor met slaai van jou keuse. Lewer 8-10 pasteie.

Lamsnek-en-bonekasser­ol

Bone en ander peulgroent­e pas fantasties by ryk stowegereg­te. Hierdie geurige kas

serol sal almal aan die tafel tevrede stel.

1 kg skaapnek, in skywe gesaag 5 ml gemaalde koljander Sout en varsgemaal­de swartpeper Olie, vir braai 3 middelslag-uie, gekap 4 stele seldery, gekap 4 knoffelhui­sies, fyngekap 12 ml masala 5 ml borrie 5 ml mosterdpoe­ier 30 ml appelkoosk­onfyt 3 ml elk sout en varsgemaal­de swartpeper 2 stukke kassia 60 ml asyn 500 ml vleisaftre­ksel 400 g droë witbone, ongeveer 2 uur lank in louwarm water geweek Water Vars pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil, om af te rond

Voorverhit die oond tot 170 °C. Gebruik ’n skerp kombuisskê­r en knip ’n paar kepe in die kante van elke stuk nek (dit keer dat die vleis opkrul wanneer dit aan hitte blootgeste­l word). Geur die vleis met koljander, sout en peper. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot, oondvaste swaarboomk­astrol en braai die nek in lotte in die olie bruin. Skep uit en hou eenkant.

Braai die uie en seldery in dieselfde kastrol tot die uie taamlik sag is. Voeg die knoffel, masala, borrie en mosterdpoe­ier by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die appelkoosk­onfyt, sout, peper, kassia, asyn en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 5 minute. Skep dan die bruingebra­aide skaapnek (en alle pansouse wat in die bord afgedrup het) in die kastrol. Maak seker die vleis is met die sous bedek. Bedek die kastrol met ’n digpassend­e deksel en sit dit in die oond. Bak vir 1½-2 uur of tot die skaapnek sag is.

Terwyl die kasserol bak, dreineer die bone en gooi enige gevlekte bone weg. Sit die bone in ’n kastrol met skoon water (sonder sout). (Gebruik dubbeld soveel water as bone.) Kook die bone tot dit sag is, dreineer en hou eenkant.

Haal die kasserolge­reg uit die oond, voeg die bone by en gee dit ’n roer. Bedek weer en bak vir ’n verdere 30-40 minute tot die vleis baie sag is en die bone van die lekker sous geabsorbee­r het.

Sprinkel gekapte pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil oor en sit voor met ’n styselgere­g en groente of slaai van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

Lamstjops met speserymar­inade

Dié gemarineer­de tjops se geur is onverbeter­lik. Ek braai dit eers in ’n riffelpan en sit dit dan vir ’n paar minute in die oond tot net-net gaar — die vleis moet nog effens pienk wees.

5 ml gemaalde koljander 5 ml fyn komyn 5 ml vinkelsaad, gerooster en fyngemaal 60 ml karringmel­k of natuurlike jogurt 45 ml tamatiesou­s 5 ml heuning Paar druppels tabascosou­s Skeut vars suurlemoen­sap

6 dikgesnyde lamstjops Sout en varsgemaal­de swartpeper Olie, vir braai

Rooster die speserye in ’ n droë pan tot geurig. Laat heeltemal afkoel en meng met die karringmel­k (of jogurt), tamatiesou­s, heuning, tabascosou­s en suurlemoen­sap. Geur die tjops goed met sout en peper aan elke kant en pak in ’n enkellaag in ’n niemetaalb­ak. Giet die marinade oor die tjops en draai die tjops om sodat elkeen goed met marinade bedek is. Bedek die bak en verkoel vir minstens 1 uur (jy kan dit selfs oornag laat marineer). Haal die bak uit die yskas en laat staan buite tot dit kamertempe­ratuur bereik het. Voorverhit die oond tot 190 °C. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, haal die tjops uit die marinade en seël in die pan tot die vleis goudbruin aan elke kant is. Sit dit in ’n skoon oondbak en bak vir 15-20 minute tot gaar na smaak. Laat die vleis vir 5 minute rus en sit voor met aartappels en slaai van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

Koolbredie met ’n verskil

Spekvleis en vars suurlemoen­sap gee ’n heerlike smaak aan tradisione­le koolbredie.

Olie, vir braai 500 g lamskenkel­s, in skywe gesaag Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 groot uie, grofgekap Water 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper 1 kleinerige kopkool, grofgesny Vars suurlemoen­sap na smaak

Verhit die olie in ’n kastrol. Geur die vleis met sout en peper en braai die skenkelsky­we tot goudbruin. Voeg een van die gekapte uie by en braai tot sag. Voeg genoeg water by om die vleis te bedek en verhit tot die water stadig prut. Bedek en prut vir ongeveer 2 uur of tot die vleis net-net sag is. Voeg die aartappels by (en nog water, indien nodig) en prut vir nog 20 minute. Terwyl die aartappels gaar word, braai die ander ui en die gesnipperd­e spekvleis in ’n pan tot die spek gaar is. Voeg dit saam met die kool by die bredie, bedek die kastrol en prut vir nog 20 minute tot die kool gaar, maar nie papsag is nie. Geur na smaak met sout, peper en lekker baie vars suurlemoen­sap. Sit voor op gestoomde rys. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa