Landbou Boerekos

Veelsydige varkvleis

Vleis uit die nek- en skouergede­elte van ’n vark is van die sagste en sappigste vleis aan die karkas. Boonop is die snitte baie veelsydig — rooster dit heel, vul dit, rol dit, sny dit in steaks of in blokkies vir sosaties — die moontlikhe­ide is eindeloos.

-

Ontbeende, geroosterd­e skouerstuk

Vra jou slagter om die skouerstuk te ontbeen, oop te vlek en vlak insnydings op die velkant te maak vir daardie lekker bros swoerd.

1 ontbeende varkskouer van ongeveer 2 kg, oopgevlek 30 ml olyfolie 15 ml seesout Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 30 ml elk aangemaakt­e mosterd, heuning en fyngekapte, jong roosmarynb­laartjies 2 uie, in dik ringe gesny 4 heel knoffelhui­sies, in die skil Paar takkies vars roosmaryn

Voorverhit die oond tot 220 °C. Smeer die velkant van die vark met olyfolie en vryf dan ’n eetlepel sout goed in die vel in, veral in die groefies van die insnydings op die vel. Draai die vleis omen geur dit goed aan die vleiskant met sout en peper. Meng die mosterd, heuning en roosmaryn en smeer die geurige pasta egalig oor die vleis. Rol die skouerstuk weer toe en bind dit op met kombuistou.

Smeer ’n oondbak met olie en sit die uie, knoffel en roosmaryn daarin. Sit die vleis bo-op neer met die velkant na bo. Oondrooste­r die skouerstuk vir ongeveer 30 minute of tot die vel egaglig bros en goudbruin is. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en rooster vir ’n verdere 30 minute per 500 g of tot die skouerstuk deurgaar is. (Om te toets of varkvleis gaar is, druk ’n toetspen of sosatiesto­kkie in die dikste deel van die vleis. As die sappe wat uitloop, helder is, is die vleis gaar.) Haal die vleis uit die oond, bedek en laat rus vir 10 minute voor dit gesny word. Sit voor met geroosterd­e groente van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

Varknekste­aks met salieen-suurlemoen­bottersous

Dit is een van my gunsteling­maniere om varknekste­aks gaar te maak. Die vleis is so sag soos filet en die botterige salie-en-suurlemoen­ous komplement­eer dit perfek.

4 varknekste­aks, teen kamertempe­ratuur Olyfolie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 30 ml vars salie, baie fyn gekap 60 g botter

Bedruip die vleis met olyfolie en geur met sout en peper. Sprinkel die salie oor en vryf dit goed in die vleis in aan albei kante. Maak ’n droë pan baie warm en braai die steak vir 2 minute aan elke kant daarin. Skep die botter oor die steaks in die pan en laat dit opborrel. Druk een van die suurlemoen­e se sap oor alles uit en laat die sous wat vorm, weer opborrel, terwyl dit oor die varknekste­aks geskep word. Draai die steaks om en braai verder in die sous tot gaar. Rooster die orige suurlemoen­e en sit dit saam met die vleis voor. Bedien met ’n aartappelg­ereg en slaai van jou keuse. Lewer 4 porsies.

Die beste kerriesosa­ties

1,5 kg varknek- of skouerstuk, in blokkies gesny 250 ml room 80 ml suurlemoen­sap 3 cm-stuk vars gemmer, fyngeraspe­r 2 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r 45 ml kerriepoei­er 10 ml borrie 30 ml gemaalde koljander 3 vars lourierbla­re, gesnipper 125 ml blatjang 125 ml fyn marmelade 250 ml asyn 125 ml olie 2 uie, in wiggies gesny 1 pak (250 g) spekvleis, in blokkies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Pak die vleisblokk­ies in ’n nie-metaalbak en giet die room en suurlemoen­sap oor. Voeg die gerasperde gemmer en knoffel by. Meng goed deur, bedek en verkoel tot benodig.

Sit die kerriepoei­er, borrie en koljander in ’n kastrol en verhit tot jy die speserye kan ruik. Voeg die lourierbla­re, blatjang en marmelade by en verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Voeg die asyn en olie by en verhit weer tot kookpunt, terwyl aanhoudend geroer word. Prut die sous vir ’n minuut of twee, verwyder van die hitte en laat afkoel. Sodra die gekookte kerriesous tot kamertempe­ratuur afgekoel het, voeg dit by die varkvleisb­lokkies in die roommengse­l en meng dit baie goed deur. Bedek weer en verkoel vir minstens 6 uur, maar verkieslik oornag.

Haal die lagies van die uiekwarte van mekaar af, sit dit in ’n bak en giet genoeg kookwater oor om dit te bedek. Laat staan tot die kookwater kamertempe­ratuur bereik het.

Ryg die varkvleisb­lokkies afwisselen­d met ’n stukkie ui en ’n stukkie spekvleis op stokkies. Braai oor matige kole of rooster in die oond tot gaar na smaak, terwyl jy die sosaties gereeld met die kerriemari­nade bestryk. Sit voor met braaibrood­jies, aartappels en slaai. Lewer 16 sosaties.

 ??  ??
 ??  ?? 3 suurlemoen­e, gehalveer
3 suurlemoen­e, gehalveer
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa