Landbou Boerekos

GEWILDE GEBRUIKE VAN VERSKILLEN­DE VARKVLEISS­NITTE

-

5. BOUD

Dié ekonomiese en smaaklike snit sorg vir ’n indrukwekk­ende, heel roosterstu­k, of sny die boud in blokkies (vir sosaties, roerbraai of bredies), in skywe vir schnitzels of in steaks om te rooster of te braai.

4. ONDERSTE LENDESTUK

Hierdie stuk kan heel in die oond gerooster word of in kruistjops ( rump) gesny word om in die pan te braai of oor die kole te rooster.

3. MIDDELSTE LENDESTUK

Die lende kan net so of ontbeen en gerol in die oond gebraai word. En almal is lief vir dié tjoppies. Dit is sag en smaaklik en maklik om te braai of in die oond te rooster.

1. NEK EN SKOUERSTUK

Dié twee snitte maak fantasties­e heel roosterstu­kke (met of sonder vulsel). Die vleis is sag en sappig. Dit kan ook in tjops (of steaks) en in blokkies gesny word. Nek- en skouervlei­s maak sagte, sappige sosaties of repies vir roerbraai.

6. SKENKEL

Die skenkel word baiemaal gepekel of gerook en ’n eisbein genoem. Maak dit stadig gaar tot dit sag is. Gebruik skenkels in bredies, kerries en potjiekos.

7. LIES

Vra jou slagter om die been te verwyder en die lies te rol vir ’n heerlike, sappige, oondgebraa­ide stuk. Varklies wat in repe gesny is, smaak op sy beste wanneer dit oor die kole gerooster word — net so, in marinade of met ’n sous.

2. BOONSTE LENDESTUK

Dié snit kan net so of ontbeen en gerol in die oond gebraai word. Tjops wat van die boonste lendestuk gesny word, lyk baie dieselfde as dié wat van die middelste lendestuk gesny word. Marineer en oondrooste­r of panbraai dit.

8. VARKBORS EN RIBGEDEELT­E

Die varkbors kan heel in die oond of in ’n ketelbraai gerooster word. Hierdie deel van die rib is waaruit spare

ribs gesny word. Dit kan gemarineer, met sous bedruip en in die oond of oor die kole gerooster word. Of ontbeen en rol dit vir ’n ekonomiese roosterstu­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa