Landbou Boerekos

DIÉ BOEK WIL MY LAAT FEES VIER!

-

Môre-môre uit Marken, van die plaas Kudu’s Ruhe in die Sandveld! Een maal per week neem ek die kinders skool toe en kom dan by ’n winkel uit.

Dankie vir uitgawe 15 wat reg gelê het vir my mandjie. Jul verskeiden­heid watertand-, dog kostedoelt­reffende resepte pas in by my hartsbegee­rte om fees te vier... sommer oor ons 400 mm reën gekry het.

En ek wil piekniek hou. Waar? Tussen die lang smutsvinge­rweidinggr­as waar koedoe en kameelperd ook die geure van ons piekniekko­s kan kry. Soos Ouma se vleisbesku­it (waaroor Ambelene Freemantle op bl. 6 skryf) — die mooies wat niks sous lek nie — met die ekstra verrassing van ’n braaistukk­ie elandsvlei­s binne-in toegemaak.

Dan maak julle my weer opgewonde oor ’n teepartytj­ie op ons stoep. Met die lagiesvlak­oek op bl. 176 het julle laat ek my ma se Royal Albert-teestel uithaal. Ons boereveren­igingvroue kon soos wafferse ladies ons pinkies lig en klets!

Dankie vir jul vars feesidees. Julle maak die kombuis ’n lushof. ELRIZA KOEN

MARKEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa