Landbou Boerekos

ONWEERSTAA­NBAAR HEERLIK

-

Net toe ek dink dit kan nie beter nie, toe verskyn Boerekos se uitgawe 15 op die rakke! Ek is seker jul grootste aanhanger en bemarker vandat uitgawe 1 verskyn het. Ek het al vir baie vriendinne die tydskrif as geskenk gegee. Die feesuitgaw­e lees regtig soos ’n boek. Ek is seker dit het vir baie mense, soos vir my, as inspirasie gedien om die Kerstafel ekstra te laat kreun. Die Romerige uieslaai was ’n treffer en een van die resepte wat ek duidelik gemerk het. Ek het dit ook aangedui op die plakker wat ek altyd op die voorblaaie plak. Op hierdie manier raak die resepte nie so verlore nie. Dit is ook hoekom ek baie gereeld teruggaan na my stapeltjie­s Boerekosse. Hierdie tydskrif is ’n wenner!

LULU ESTERHUYZE­N WORCESTER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa