Landbou Boerekos

WAT ’N TYDSKRIF!

-

Die heel eerste Landbou Boerekos wat ek gekoop het, was uitgawe 15. Wat ’n spesiale uitgawe met Landbouwee­kblad wat sy 100ste verjaarsda­g vier!

Die artikel “100 jaar saam in die kombuis” was ’n leeslekker­te. Ek het myself omtrent verlustig in die artikels, om nie eens te praat van al die watertandr­esepte nie. Daar is behoorlik iets van alles! Só word Boerekos uitgawe 15 toe sommer ’n oulike en nuttige Kersgesken­k!

Uitgawe 15 gaan ook in my tas Februarie as ek vir my dogter in Engeland gaan kuier. Boerekos gaan beslis haar liefde vir kook opnuut laat opflikker en verseker dat sy haar

Suid-Afrikaanse erfenis sal onthou en aan haar twee dogtertjie­s oordra.

Baie dankie vir ’n uitstekend­e kostydskri­f. Ek sal baie beslis van nou af nie weer een uitgawe misloop nie. SANET DU PLESSIS POLOKWANE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa