Landbou Boerekos

BAIE GELUK EN DANKIE

-

Eerstens wil ek van die geleenthei­d gebruik maak om Landbouwee­kblad geluk te wens met sy 100ste verjaardag. Mag daar nog vele jare se publikasie­s wees waarna ons kan uitsien.

Landbou Boerekos Somer 2019-’20 is werklik ’n nuttige uitgawe om te hê met resepte vir spesiale geleenthed­e om van te kies en keur. Dit het resepte vir ontbyt, soet- en southappie­s, sop, vis en ander vleisgereg­te, pasta, bykosse, drankies, inmaak, souse en smere, gebak en nageregte, asook vegetaries, groente en slaaie.

Die artikel “100 jaar saam in die kombuis” neem jou darem ver in die verlede terug met ou, geel bladsye, rate, resepte en ou voorblaaie.

Baie dankie, Landbouwee­kblad. Doen so voort.

ANNA BURGER

BRIEF PER E-POS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa