Landbou Boerekos

DU KLOOF-LODGE

-

As jy wil beleef hoe mooi die Du Toitskloof­berge werklik is, draai van die N1 af en loer by die Du Kloof-lodge in. Die berg slaan behoorlik jou asem weg. Die foreldamme is gewild by besoekers wat graag van dié varswaterv­is wil inkatrol. Elke forel wat jy vang, word geweeg, en jy betaal per kilogram vir die vis. Jy kan hengelgere­i huur as jy nie jou eie het nie.

Ná jy lyn natgemaak het, kan jy gaan keel natmaak in die Piscator Pub. Dit raak lekker luidrugtig wanneer daar sport uitgesaai word en dié pub bly oop tot die laaste persoon sy ry gekry het.

Dit is iets besonders om hier tyd in die natuur deur te bring, of jy wil voëls kyk (die voëllys bevat sowat sestig spesies) of een van die staproetes wil aanpak. Hoewel beginners van die roetes kan aandurf, is sommiges nogal taai en vereis ’n redelike fiksheidsv­lak. Jy kry jou permit by die lodge se ontvangs. Hou maar vas daaraan, want ná die stappie word jy beloon met ’n bietjie afslag in die pub!

Die restaurant­stoep bied die beste berg-enrivierui­tsig. Hier kan jy forelgereg­te of iets meer tradisione­el bestel, soos hoenderpas­tei, bobotie of gekrummeld­e varknek. As jy meer as ’n daguitstap­pie daarvan wil maak, bespreek betyds verblyf in die lodge. Jy kan kies uit kamers en chalets, en selfs slaapsale. KONTAKBESO­NDERHEDE: N1-snelweg

(’n paar kilometer ná die Hugenote-tonnel). Bel 060 563 2694 of stuur e-pos na info@ duklooflod­ge.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa