Landbou Boerekos

DIE VET SPENS

-

Moenie dat die eenvoudige voorkoms van dié padstal jou flous nie. Dit is eerder ’n geval van dinamiet wat in klein pakkies kom. Die padstal bars uit sy nate met heerlike, mooi verpakte ingelegde produkte, vars tuisgebak en droëvrugte. Die meeste hiervan kom uit die eienaar, Elana Lategan, se plaaskombu­is. Ons was gelukkig genoeg om van haar pekanneutt­ertjies raak te loop en in die yskas was bakkies met heerlike Peppermint Crisp-tert en Cremorater­t. Seisoentyd kan jy vars produkte soos pruime en perskes, en as jy baie gelukkig is, soet Hanepoot, hier koop.

Die pryse is baie billik – wanneer laas het jy R7 vir ’n muffin, R25 vir ’n sakkie met basieliekr­uid-pesto of R50 vir ’n pak ontbytbesk­uit betaal? KONTAKBESO­NDERHEDE: R43-pad (by die R43- en Breërivier-kruising). Bel 082 877 5908.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa