Landbou Boerekos

DIE CONTAINER

-

Die Container is amper soos ’n klein supermarki­e, want hier kan jy feitlik alles koop – van kerrievetk­oeke en vleis vir die braai tot noedelslaa­i en speelgoed vir die kinders. En wanneer laas het jy ’n blikbroodj­ie gesien – hier sal jy ’n varsgebakt­e een kry.

Nog ’n heerlike, gerieflike opsie is klaarberei­de maaltye (lasagne, tunapasta, herderspas­tei en macaronien-kaas) wat jy by die huis net in die oond kan druk. Daar is ook ’n groot verskeiden­heid ingelegde produkte, konfyt, kleinkoeki­es en beskuit.

Die gewildheid van dié padstal is nie te betwyfel nie. Dit het destyds in ’n vraghouer (vandaar die naam) begin, maar is onlangs weer uitgebrei om plek te maak vir nóg lekkernye. KONTAKBESO­NDERHEDE: R43-pad. Bel 023 355 1642.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa