Landbou Boerekos

BOSJES

-

Jy sal dadelik die ikoniese kapel met sy golwende dak herken. Sedert dit in 2016 opgerig is, het dit ’n bekende baken in die omgewing geword en het al in talle tydskrifte gepryk. Dié pragtige plaas met sy Kaaps-Hollandse opstal bied onder meer luukse verblyf, ’n restaurant, teetuin en verruklike inheemse tuine met kabbelende waterstrom­e en fonteine.

Gaan drink ’n koppie tee en geniet ’n sny koek in die amfiteater-teetuin en voel hoe die saligheid jou omvou. Besoekers word aangemoedi­g om ’n oomblik te vertoef in die meditasiet­uin om ’n slag weer asem te skep (of in die doolhof te gaan sielerus vind).

By die Bosjes Kombuis-restaurant kan jy bistro-styl geregte, soos vars somerslaai­e, ’n stewige burger of ’n lekker stuk vis op die spyskaart verwag. Moenie wegry voor jy nie ’n foto teen die lieflike Delft-geïnspiree­rde blou-en-wit teëlmuur geneem het nie – dis die tipe plek waarvan Instagramd­rome gemaak word. KONTAKBESO­NDERHEDE: Bosjes, R43. Bel 023 004 0496.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa