Landbou Boerekos

MOSBOLLETJ­IES EN KOUE MELK

-

Almal in die omgewing weet daar word parstyd op Klipdrift mosbolletj­ies gebak – soms tot vier brode op ’n dag, drie keer per week.

“Hier het al twee weke gelede mense gebel om te vra of ons nog nie mosbolletj­ies het nie,” vertel Susan, Toit se vrou. Sy het hom as Stellenbos­se student ontmoet en dadelik van die Stofbergs se manier van leef gehou.

Ouma Annie het altyd die mosbolletj­ies gebak met ’n mede-Rawsonvill­er, tannie Lizzie van Zyl, se resep. Nou sit Susan en haar regterhand­e, Trien Dampies en Pamie Matthews, die tradisie voort.

Tydens parstyd op die Stofberg-wynlandgoe­d buite Rawsonvill­e weet almal in die kontrei hulle sal Toit Stofberg op sy pos by die kelder kry. En sy fles koffie en toebroodji­es (en dikwels ook mosbolletj­ies) is altyd byderhand vir ’n buurman wat gou vir ’n geselsie wil kom inloer.

Dis ’n tydsame proses om die deeg te knie, te laat rys en perfekte bolletjies te rol.

“Ons begin vanmiddag 16:00 gereed maak, 16:30 knie ons en dan word dit mooi toegemaak en oornag warm gehou. Die volgende oggend so 07:00 begin jy die bolletjies rol.”

Wanneer die geur van varsgebakt­e mosbolle in die lug hang, skuif die Stofbergs nader met ’n glas yskoue melk waarin hulle die louwarm bolletjies doop. brood in te doop. Sy maak ook ’n slaaisous met die konfyt en suurlemoen­sap.

“Van ons resepte kom in die familie aan, maar my ma is baie kreatief en maak haar eie goed op. Sy sal baiekeer ’n ou resep vat en dit ’n bietjie verander en iets moderner daarvan maak,” sê Zanelle.

Om moskonfyt te kook, het jy net ’n groot pot, ’n knetterend­e vuurtjie en baie tyd nodig. “Dis eintlik baie eenvoudig, want jy sit niks by nie. Ek kook net die mos af, wat baie lank duur, sowat ses uur, waartydens jy dit heeltyd moet dophou en die skuim afskep.”

Zanelle gebruik ’n pot van vlekvrye staal wat haar oupa destyds laat maak het om gis in te meng vir die kelder. Gewoonlik gebruik sy 20 liter mos, wat uiteindeli­k sowat 6 liter konfyt oplewer.

Susan vertel hulle volg nog steeds Perold se resep uit die boek waarin Piet notas gemaak het.

“Dis vir my baie kosbaar. Sy naam staan voor in: Pietie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa