Landbou Boerekos

KONFYT KOOK

-

Oupa Piet, Toit en nou Zanelle het almal moskonfyt gekook uit A.I. Perold se Handboek oor Wynbou wat Piet in 1945 op Stellenbos­ch gebruik het.

“Moskonfyt is iets waarmee ek grootgewor­d het. En moskonfyt eet jy saam met snoek. Dis ’n ding by ons!” vertel Zanelle. “Maar dis net so lekker op ’n vars broodjie met botter.”

Vir ’n moderne aanslag meng Susan die konfyt met balsamiese asyn en olyfolie om

aan Distell. Teen 2012 het die familie besluit om van hul wyn onder ’n eie handelsmer­k – Stofberg Wines – te bemark.

Hul eerste wyn was ’n versnit van Sauvignon blanc en Semillon. Dis nou al tradisie dat die hele gesin eers moet proe wanneer die versnit opgemaak word.

Zanelle vertel: “My pa en broer, Pieter, soek eers die tenke met die beste wyn uit. Pieter maak dan verskillen­de versnitte daarmee en die familieled­e kry kans om vir hul gunsteling te stem. Die beste wyn gaan dan bottels toe.”

Hulle botteleer ook ’n gehoute Chenin blanc, ’n Semillon en ’n versnit van Pinotage en Shiraz.

Zanelle, wat deesdae op Nonna woon waar haar man met tafeldruiw­e boer, maak geen geheim van haar verknogthe­id aan die plaas nie.

“Ek kan nie dink dat dit om ’n ander rede as die mense is nie. Dit sou mos nou nie dieselfde gewees sonder my ma en my pa nie. As my broers vakansies see toe gaan, het ek hier by my pa op die plaas gebly en trekker gery.

“Ek is baie erg oor my familie. Ons kan lekker lag. My pa veral het die lekkerste lag.”

Vulsel

500 ml druiwekorr­els, gehalveer en skilletjie­s afgetrek

Water

180 ml suiker

2 ml elk fyn kaneel en sout

45 ml koekmeel

60 ml suiker

125 ml ontpitte dadels, fyngesnipp­er

Kors: Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak en vryf die botter daarby in. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eier by en sny in tot ’n deeg vorm. (As die mengsel te droog is, voeg ’n paar druppels yswater by.) Druk die deeg bymekaar, breek twee derdes af, bedek met kleefplast­iek en laat rus in die yskas. Bedek die ander derde ook met kleefplast­iek en plaas in die vrieskas. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n middelslag-tertbord met kleefweren­de kossproei. Rol die twee derdes deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer die tertbord daarmee uit.

Vulsel: Verhit die druiwe, met genoeg water om dit te bedek, tot kookpunt in ’n kastrol. Stowe tot sag. Voeg die 180 ml suiker daarby en roer tot opgelos. Dreineer en behou die stroop. In ’n aparte kastrol, meng die kaneel, sout, koekmeel en 60 ml suiker en voeg 180 ml van die druiwestro­op daarby. Verhit tot kookpunt, terwyl geroer word, en prut tot verdik en helder.

Skep die gestoofde druiwe en fyngekapte dadels in die tertkors en bedek die vrugte met die gekookte sous. Rasper

drie groot broodpanne met olie. Rol elke stuk deeg in 12 ewe groot bolletjies. (Elke bolletjie weeg sowat 140 g.) Pak die bolletjies in twee rye van ses in die panne en laat staan op ’n warm plek tot die panne volgerys is. Voorverhit die oond tot 180 °C en bak die bolletjies vir 30 minute. Verlaag die oond tot 140 °C en bak vir nog 40 minute. Laat ’n rukkie afkoel en keer dan op draadrakke uit. Meng die melk en suiker vir die glasiersel goed tot die suiker opgelos is. Verf die bokant van die warm mosbolletj­ies met die glasiersel. Lewer 3 groot panne mosbolletj­ies.

ense dink seker sy is een van daai ou tannies wat sê, nee, ’ n bietjie hiervan en ’ n bietjie daarvan, want in die ou tyd het hulle dit mos gedoen as hulle nie hul resepte wil weggee nie, sê Ivy Oates (née Du Toit) toe ons haar nader om haar resepte met Boerekos te deel. “Maar ek kan régtig nie van ’n resep af kook nie.”

As wynmaker het sy ’n natuurlike aanvoeling vir die vrug van die wingerd en ’n kelder, maar sy is kennelik net so tuis in die kombuis.

“Ek het nog altyd baie van kos maak gehou. My ma het destyds spysenieri­ng gedoen, maar ek het haar nooit regtig in die kombuis gehelp nie.”

Dit was die tyd toe gestolde geregte hoogmode was.

“Ons lag nou daaroor, maar ek dink daardie tyd het ál die mense ’n visgereg in die vorm van ’n vis as voorgereg voorgesit. Jy was vreeslik deftig as jy dit gemaak het en toe raak dit nogal kitsch, maar dit lyk of mense dit nou weer doen.”

Ivy vertel haar kosmaaksty­l verskil drasties van haar ma, ook Ivy, s’n.

“Sy sal vir my vra: Het jy nie vir my ’n lekker, anderste resep vir dit of dat nie? Of ek sal vir haar vra hoe om soetpatats of geelrys met rosyne te maak – want ek weet regtig nie. Dis eintlik baie snaaks, maar dit is vir haar lekker om te kyk wat ek doen en vir my is dit altyd lekker om haar kos te eet.”

Wanneer Ivy kook, is dit gewoonlik “heeltemal te veel”.

“Ek hou daarvan om groot opdienbord­e neer te sit met groente aan die een kant of rondom die vleis, amper soos ’n oestafel. Een jaar was dit my Nuwejaarsv­oorneme

In haar huis op Jason’s Hill, hul familiepla­as wat na ’n ou skaapwagte­r genoem is, word daar vinnig-vinnig iets aanmekaar geslaan as kuiergaste opdaag. En almal sal getuig hoe moeiteloos en oorvloedig Ivy dit altyd doen.

“Daar gaan nie ’n naweek verby dat mense nie by ons kom eet of kuier nie. Selfs in die week ook … My pa (hulle het hom ‘Stout’ Sakkie genoem om hom te onderskei van ’n buurman wat weer as ‘Soet’ Sakkie bekend was) was ook so. Die deur was altyd oop en almal kon kom. As daar die dag ’n klomp mense kom kuier het, dan sou hy sê: ‘Die ark was oop!’

“Dit is vir my ook verskrikli­k lekker as hier mense kom en ek kan sê: ‘Bly nog ’n rukkie, ons gaan gou ietsie eet.’ Ek het altyd iets wat ek kan maak of gou kan uithaal.”

In dié wêreld hoef jy nie nie ’n afspraak te maak vir ’n heen-en-weertjie nie.

“Nee, by ons werk dit so, almal kan net altyd kom. As jy hier is, is jy hier. As jy jou tuinklere of swembroek aan het, is dit ook

in die haak. Hoeveel keer kom ek nie in parstyd by die huis en dan is daar mense nie? Ek lyk erg, nè, ek is vuil en taai, maar dit is so lekker, want ons kan om die kombuistaf­el sit en gesels.”

Gelukkig ken almal in die omgewing mekaar omtrent van hul oupas se tyd af. En al het Ivy in die skadu van die blouselblo­u Slanghoekb­erge grootgewor­d, sou dit nie dieselfde bekoring gehad het sonder die kontrei se mense nie.

“Dit is ’n lekker plek om te bly en dit is lekker mense rondom jou. ’n Plek kan hóé mooi wees, dit is uiteindeli­k die mense wat dit nóg mooier maak. Die berge laat jou gelukkig voel en die wingerde en die reën maak jou dankbaar, maar dit is die ménse wat maak dat jy alles net soveel meer waardeer. Soos die generasies aanbeweeg, is dit lekker om te sien daai ou se pa en my pa was vriende, ek en hy is vriende en nou is ons kinders vriende. Dit is nie gedwonge vriendskap nie, jy’s regtig lief vir die mense om jou.”

Daar is wel een dag van die jaar wat Ivy en haar gesin op hul eie deurbring, en dit is Kersdag.

“Die eerste jaar toe dit net ons gesin was, het ons ons doodgeskri­k. Wat moes ons doen? Huil oor dié wat nie daar was nie, of wat?”

Ivy besluit toe elkeen mag sy of haar gunsteling­kos kies en sy sou dit berei – die begin van ’n pragtige nuwe tradisie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa