Landbou Boerekos

Mosbolletj­ies

-

Dié resep kom van tannie Lizzie van Zyl van Rawsonvill­e, wie se mosbolletj­ies legendarie­s is in die omgewing.

Deeg

3 kg koekmeel

750 ml suiker

15 ml sout

80 ml anyssaad

250 g botter

1 liter soetmos

Ongeveer 600 ml louwarm melk

Glasiersel 125 ml melk 60 ml suiker

Meng die meel, suiker, sout en anyssaad in ’n groot skottel. Smelt die botter en voeg die soetmos en genoeg louwarm melk daarby om 1,8 liter vloeistof te maak.Voeg dit by die droë bestanddel­e en meng tot ’n deeg vorm. Knie baie goed vir ongeveer ’n halfuur. Sit die deeg in ’n skoon, gesmeerde skottel en laat oornag in ’n deegkom rys. As dit koud is, maak die deeg met ’n dik kombers toe.

Knie die deeg die volgende oggend af en verdeel in drie gelyke dele. (Weeg elke deel as jy dit akkuraat wil deel.) Smeer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa