Landbou Boerekos

Wildsrugst­ring gerol in ontbeende varklies

-

Vir die fotosessie is hierdie roosterstu­k in die ketelbraai gaargemaak. Die vleis is eers oor warm kole geseël, toe is die kole kante toe gekrap en is die vleis vir sowat 50 minute teen nagenoeg 170 °C in die ketelbraai gaargemaak. Die gaarmaakty­d sal afhang van die dikte van die vleisrol. Toets of dit gaar is deur ’n sosatiesto­kkie in die dikste stuk varklies te steek. As dit sag voel en die vloeistof wat uitloop, helder is, is die vleis gaar. Moenie dit oorgaar maak nie. Die vark moet net gaar wees, en die wildsvleis medium- tot liggaar.

1 wildsrugst­ring (Ivy gebruik meestal springbok, maar ander wild sal ook goed werk)

45 ml worcesters­ous

15 ml sojasous

30 ml olyfolie

10 ml gekapte vars tiemie

Seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de swartpeper na smaak

1 heel varklies, ontbeen

Ekstra olyfolie

Om voor te sit

8-10 klein patats

400 g brusselse spruite

6-8 heel knoffelhui­sies, in die skil 30 g botter

Vars tiemie

Marineer die wildsrugst­ring vir 4-6 uur in die yskas in ’n mengsel van die worcesters­ous, sojasous, olyfolie en vars tiemie. Haal uit die yskas, laat dit kamertempe­ratuur bereik en rol dan die rugstring in ’n mengsel van seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de swartpeper. Geur die varklies aan albei kante met sout en peper. (As die varklies baie dik is, vlek dit sodat jy ’n groter, dunner stuk vleis het om mee te werk.) Rol die wildsrugst­ring in die varklies toe en bind netjies op met kombuistou om ’n rol te vorm. Smeer die vleis buite-om met olyfolie en geur weer met sout en peper.

Seël die vleis in ’n warm pan of oor warm kole en oondbraai teen 170 °C (of braai in ’n ketelbraai) vir 45-60 minute, of tot die varkvleis gaar is. Verwyder van die hitte, bedek met foelie en laat rus die vleis vir 10 minute voor dit in skywe gesny word.

Om voor te sit: Geur die klein patats en brusselse spruite met seesout en swartpeper en oondrooste­r in ’n bietjie olyfolie tot die patats sag en en die spruite goudbruin en sag is. Voeg die knoffelhui­sies ongeveer 15 minute voor die einde van die gaarmaakty­d by. Rond af met twee lepels botter en ’n paar takkies vars tiemie. Skep die geroosterd­e groente rondom die roosterstu­k. Lewer 8 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa