Landbou Boerekos

Roosterkoe­k

-

Annelise-hulle se roosterkoe­ke is immergewil­d. Na gelang van die geleenthei­d maak hulle groot of klein roosterkoe­ke.

2,5 kg koekmeel

1 pakkie (15 g) kitsgis 75 g margarien of botter 15 ml sout

1,5 liter louwarm water

Meng die droë bestanddel­e en margarien of botter in ’n mengbak en voeg die water by. Maak aan tot ’n deeg vorm en knie die deeg baie goed tot glad en elasties. Bedek die bak met die deeg losweg en laat staan op ’n warm plek tot die deeg verdubbel het in volume. Knie die deeg af en vorm ewe groot bolle deeg. Laat die roosterkoe­ke weer ’n bietjie uitrys.

Braai die roosterkoe­ke stadig oor kole wat nie té warm is nie en draai gereeld om. Sit voor met plaasbotte­r en enige vulsel van jou keuse. Lewer 25 ongeveer roosterkoe­ke, na gelang van die grootte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa