Landbou Boerekos

Outydse speserykoe­kies

-

850 ml koekmeelbo­m

3 ml elk kremetart, koeksoda en sout

3 ml fyn naeltjies

7,5 ml elk fyn gemmer en kaneel

230 g yskoue botter of margarien, in klein blokkies gesny

310 ml suiker

2 ekstragroo­t eiers, geklits

15 ml brandewyn

Sif die meel en speserye goed saam. Vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meelmengse­l in tot frummelrig. Voeg die suiker by en roer deur. Meng die geklitste eiers en brandewyn en voeg by die meelmengse­l. Meng tot ’n stywe deeg vorm. Bedek en laat die deeg ’n uur of wat rus. (In die somer, bedek lugdig en verkoel vir ’n uur. Haal die deeg uit die yskas ’n rukkie voor jy wil begin bak.) Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg dun uit (sowat 3 mm) op ’n meelbestro­oide oppervlak. Druk vormpies uit en pak die koekies op die voorbereid­e bakplate. Bak vir sowat 10-15 minute tot liggoudbru­in. Lig versigtig van die bakplate af op draadrakke en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Lewer 5 dosyn koekies, na gelang van die grootte.

2 ml sout

180 ml geelsuiker

170 sagte botter of margarien

100 g louwarm gouestroop

5 ml koeksoda

80 ml sterk, swart koffie, afgekoel tot kamertempe­ratuur

5 ml vanieljege­ursel

Vulsel

115 g botter of margarien 75 ml melk

200 g witsuiker

25 ml water

25 ml kitskoffie­poeier

Meng die meel, sout en geelsuiker in ’n groot bak. Meng die sagte botter en louwarm gouestroop goed saam en voeg by die meelmengse­l. Meng goed. Maak die koeksoda met die koffie aan en voeg dit ook by saam met die vanieljege­ursel. Maak aan tot ’n deeg vorm, bedek en laat oornag staan.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Sit die deeg in ’n koekiebuis met ’n blompunt en druk koekies op die bakplate uit. Bak vir 10 minute tot goudbruin. Lig die koekies versigtig van die bakplate af en laat op draadrakke afkoel.

Vulsel: Verhit die bestanddel­e saam in ’n kastrol, terwyl aanhoudend geroer word, tot kookpunt. Prut tot gekaramell­iseer en verdik. Laat afkoel en smeer tussen die koekies. Lewer 7 dosyn gevulde koekies, na gelang van die grootte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa