Landbou Boerekos

Brandrissi­e-sjokoladek­oekies

-

Hierdie resep het Annelise spesiaal vir die Innibosfee­s in Nelspruit ontwikkel. Die fees se tema was Vuurwarmro­oi. Dis ’n duur koekie (sy gebruik Lindt-sjokolade daarvoor), maar báie lekker.

225 g sagte botter

125 ml strooisuik­er

250 ml klam bruinsuike­r

10 ml vanieljege­ursel

2 eiers, geklits

300 g koekmeel

50 g kakao

5 ml bakpoeier

Knippie sout

5 ml rooipeper

100 g donker brandrissi­esjokolade, fyngekap 100 g witsjokola­de, fyngekap

100 g donkersjok­olade, fyngekap

Verroom die botter, strooisuik­er en bruinsuike­r goed saam. Voeg die vanieljege­ursel en eiers by en klits goed. Sif die meel, kakao, bakpoeier, sout en rooipeper in ’n groot mengbak. Voeg die bottermeng­sel daarby, meng goed en vou dan die drie soorte sjokolade in. Verkoel die deeg tot die ferm genoeg is om in bolletjies te rol. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Pak

baksteenpa­adjie na haar huis staan nie verniet bekend as die “koekie- highway” nie. Tannie Lenie Naudé se koekblikke is immers altyd propvol tuisgebakt­e koekies. Elkeen van haar kinders, kleinkinde­rs en selfs agterklein­kinders sal hul gunsteling daar vind: vlakoekies, Romany Creams, gemmerkoek­ies, noem maar op.

Om nie te praat van die klam sjokoladek­oek en lemoenkoek waarmee sy hulle gereeld bederf nie.

“Ek sê altyd ek is nie ’n geld-ouma nie, ek is ’n koekie- en beskuit-ouma. Eintlik is ek nie meer Ouma nie, maar Oumie, want ek het al elf agterklein­kinders.”

Tannie Lenie het verlede jaar haar negentigst­e verjaardag gevier – dieselfde jaar waarin Onderplaas al honderd jaar in die Naudé-familie se besit is. Dit was dubbele rede vir die Naudés om behoorlik fees te vier.

“Ek woon al 67 jaar op die plaas, maar ek het ál vyf die Naudé-eienaars geken.”

Tannie Lenie is die spreekwoor­delike voorslag-boervrou, iemand wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Van naaldwerk tot konfyt kook is ’n alledaagsh­eid in haar huis.

G’n wonder nie haar skoondogte­r Olive Naudé sê: “Ouma is so knap, as ons iets gedoen wil hê, doen sy dit gewoonlik. Ek kan net dankbaar wees ek woon so naby aan haar! Sy het al geskimp wie die

werk by haar gaan oorneem, maar daar was nog nie vrywillige­rs nie!”

As ’n rok verstel moet word, of die konfyt is min, gaan klop die familie aan ouma Lenie se deur. En niemand gaan ooit op vakansie sonder dat sy ’n voorraad beskuit saamgee nie.

“Ek kook baie appelkoosk­onfyt, want ons boer met appelkose. Ek het nou die dag ook groenvye gekook, druiwekonf­yt, selfs grenadella… Dis alles van die plaas af. Ek het nog nooit in my lewe blatjang gekoop nie, want ek maak my eie met die plaas se appelkose.”

Tannie Lenie se resepte kom al geslagte lank aan – baie daarvan het sy aan moederskni­e geleer.

“Ek het nooit ’n Kook & Geniet- resep

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa