Landbou Boerekos

Pasteideeg vir hoenderpas­tei

-

’n Groot deel van die geheim van tannie Lenie se befaamde pasteie is die veerligte, vlokkige deeg wat sy met die hand maak.

Deeg

500 g koekmeel

Ongeveer 15 ml sout

5 ml kremetart

2 ekstragroo­t, koue eiergele Koue water (soos nodig)

30 ml brandewyn

30 ml suurlemoen­sap

500 g botter of margarien, teen kamertempe­ratuur

Sif die meel en sout vier keer. Skep een koppie (250 ml) meel uit en meng die kremetart daarby. Hou die koppie meel met kremetart in eenkant. Klits die eiergele, water, brandewyn en suurlemoen­sap liggies met ’n draadklits­er en hou eenkant koud.

Deel die botter of margarien (die smeer) in vier dele. Gebruik een deel smeer en vryf dit met jou vingerpunt­e by die meel en sout in die mengbak in. Voeg genoeg van die vloeistofm­engsel by om ’n maklik hanteerbar­e deeg te vorm. Brei die deeg baie goed. Vat die deeg met jou vingers lekker diep daarin, en verskuif jou vatplek met elke slag. Werk dit sowat honderd keer deur. “Gooi” dit dan honderd keer op jou werkblad, en “slaan” die deeg nog honderd keer met jou hande op die werkblad.

Rol die deeg uit, en smeer een deel van die smeer daaroor met jou vingerpunt­e. Sif

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa