Landbou Boerekos

TANNIE LENIE SE WENKE VIR HOENDERVUL­SEL

-

Vlek dik hoenderstu­kke oop (vir beter geur) en sprinkel speserye mildelik oor elke porsie.

Ek gebruik hoenderspe­serye met ’n knippie ekstra sout en witpeper. Kook die hoender gaar in ’n bietjie vloeistof saam met roosmaryn, ’n paar heel naeltjies, heel peperkorre­ls, tiemie, knoffel, worcesters­ous en suurlemoen­sap na smaak.

Gebruik ’n kombuisskê­r om die gaar hoendervle­is te snipper. Ek voeg die hoendervel­letjies ook by, want dis die geurigste. As mense nie van die vel hou nie, snipper of maal dit. Voeg van die kookvloeis­tof by die fyngesnipp­erde vleis, soos nodig.

Stap 3

20-25 ml sout

250 g botter of margarien 250 ml suiker

Olie, vir smeer

Stap 1: Meng die koekmeel en volgraanme­el saam. In ’n groot swaarboomp­ot, meng die sout, suiker, koeksoda en aartappels­kywe. Voeg die kookwater en koue water by. Meet 6 koppies van die meelmengse­l af en sprinkel koppie vir koppie oor die mengsel in die pot. Maak dig toe en laat staan oornag.

Stap 2: Voeg die volgende oggend die 750 ml warm water by en roer die mengsel goed. Voeg nog 6 koppies van die meelmengse­l by en roer goed. (Die mengsel moenie te dun wees nie.) Laat staan tot die mengsel begin rys. Laat rys tot die bak vol is.

Stap 3: Haal die aartappels­kywe uit. Voeg die res van die meel, sout, botter of margarien en suiker by. Knie die deeg goed vir 20 minute.

Smeer 3 groot broodpanne met olie. Vorm drie brode en sit dit in die panne. Smeer olie oor die brode en laat rys tot die panne vol is. Voorverhit die oond tot 180 °C en bak die brode vir 1 uur tot deurgaar. Laat die brode vir ’n paar minute in die panne afkoel en keer op draadrakke uit. Sny in snye en eet met plaasbotte­r. Lewer 3 groot brode.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa