Landbou Boerekos

Gekruide bokmelkkaa­s

-

Ongeveer 375 ml ekstrasuiw­er olyfolie 2 rolletjies (100 g elk) sagte bokmelkkaa­s, in skyfies van net dunner as 1 cm gesny

Groot hand vol vars dilletakki­es en basiliekru­idblare

Droë rissievlok­kies na smaak

Seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de peperkorre­ls na smaak

Drup ’n dun lagie olyfolie op die bodem van ’n geskikte houer. Pak die skyfies bokmelkkaa­s in ’n enkellaag op die lagie olie. Kap die dille fyn. Rol die basiliekru­idblare styf op en sny in baie dun repies. Sprinkel die kruie egalig oor die kaas en geur na smaak met rissievlok­kies, sout en peper. Giet die res van die olyfolie oor.

Bedek lugdig en verkoel tot benodig, maar haal die kaas ’n ruk voor ete uit die yskas sodat dit teen kamertempr­atuur voorgesit kan word. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa