Landbou Boerekos

Swartbessi­e-ombrévonke­lwyn

-

250 ml vars swartbessi­es 250 ml suiker

250 ml water

4 takkies vars roosmaryn 1 bottel vonkelwyn

Meng die bessies, suiker en water in ’n klein kastrollet­jie. Verhit tot kookpunt oor hoë hitte, verlaag die temperatuu­r tot die mengsel prut, en laat kook vir 15-17 minute. Die bessies sal sag en helder raak, met ’n pienkpers stroop wat vorm. Maak seker die stroop kook genoeg af. Verwyder van hitte en dreineer die bessies. Hou die stroop in ’n afsonderli­ke bakkie. Sit albei eenkant en laat afkoel.

Skep sowat 4 eetlepels afgekoelde stroop onder in elke vonkelwyng­las. Vul op met vonkelwyn en rond af met die gedreineer­de bessies en roosmarynt­akkies. Lewer 4 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa