Landbou Boerekos

Geroosterd­e olywe en druiwe met gekruide bokmelkkaa­s en tiemie

-

150 ml olyfolie

250 g pitlose rooidruiwe

250 g ontpitte, swart olywe

250 g vars tiemie

Kruiesout en varsgemaal­de swartpeper Vars oreganum, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die olyfolie, druiwe, olywe en tiemie op ’n groot bakplaat. Meng met jou hande en geur goed met kruiesout en varsgemaal­de swartpeper. Bak vir ongeveer 20 minute tot die druiwe begin oopbars. Draai die mengsel elke 10 minute om. Haal uit die oond en laat staan vir 5 minute. Sprinkel vars oreganum oor en sit louwarm voor.

Smeer die gekruide bokmelkkaa­s (sien resep hiernaas) op varsgebakt­e brood en sit dan die olyf-en-druiwemeng­sel bo-op. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa