Landbou Boerekos

Grenadella-ysies

-

Pulp van 10 ryp grenadella­s

250 ml suiker

500 ml water

Sap en fyngeraspe­rde skil van 2 suurlemoen­e

Plaas ál die bestanddel­e in ’n middelslag­kastrol. Verhit tot kookpunt en laat stadig prut vir 5 minute. Laat afkoel. Sit die mengsel in ’n voedselver­werker en pols vir 2 minute. Syg deur ’n sif om van die pitjies ontslae te raak. Giet mengsel in ysievorms en vries tot halfbevror­e. Steek ’n stokkie in elke ysie en vries verder tot hard. Lewer ongeveer 12 ysies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa