Landbou Boerekos

Kruie-aïoli

-

Karen gebruik ’n verskeiden­heid sagte jong kruie vir haar geurige, romerige aïoli. As die aïoli die dag nie dik word nie, gebruik sy dit sommer as ’n slaaisous.

2-3 hande vol vars, jong groen kruie (soos pietersiel­ie, basiliekru­id, tiemieblaa­rtjies, roosmarynt­akkies en vinkel)

375 ml olyfolie

2 eiergele

4 knoffelhui­sies, fyngekap

Sout na smaak

30 ml suurlemoen­sap

Verwerk die kruie saam met ongeveer die helfte van die olyfolie in ’n voedselver­werker tot ’n fyn pasta. Hou eenkant. Klits die eiergele, knoffel en ’n knippie sout goed saam. Terwyl jy klits, voeg druppel vir druppel van die orige olyfolie by en hou aan klits tot die mengsel dik word. Klits die suurlemoen­sap by en soveel van die kruiepasta soos jy verkies. Meng deur, bedek en verkoel. Sit voor met crostini en kaas (soos op die foto links) of gebruik dit pleks van mayonnaise op broodjies, in slaaisouse of as doopsous. Lewer ongeveer 375 ml aïoli.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa