Landbou Boerekos

Pa Ron se rissieblat­jang

-

Om hierdie rissieblat­jang te maak, het jy baie tyd en geduld nodig. Dit neem lank en jy moet deurlopend jou oog op die pan hou en gereeld roer om te keer dat dit aanbrand. Maar dis oor en oor die moeite werd! Sit die rissieblat­jang voor as deel van ’n kaasbord of gebruik ’n paar lepels daarvan om enige vaal of vervelige sous, stowegereg of bredie skop te gee.

4 hande vol rooi en groen brandrissi­es 3 groot uie

Water

500 ml olyfolie

375 ml witasyn

75 ml witsuiker

4 lourierbla­re

Kap die brandrissi­es (met pitte en al) saam met die uie goed fyn in ’n voedselver­werker. Skep alles in ’n groot pan en voeg net genoeg water by om die rissies te bedek. Verhit tot kookpunt en laat liggies kook vir ongeveer 15 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Voeg die olyfolie by en en braai stadig, terwyl geroer word, vir ongeveer 1 uur. Voeg die witasyn, suiker en lourierbla­re by en verhit weer tot kookpunt. Prut, en roer, vir nog 20 minute tot ’n skepbare sous gevorm het. Bottel die rissies warm in gesterilis­eerde flesse en verseël met gesterilis­eerde deksels.

Lewer 8-10 klein flessies rissieblat­jang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa