Landbou Boerekos

Heuning-bierbroodj­ie

-

Op Kirabo word nie net wyn gemaak nie, maar ook besonder lekker bier gebrou deur die Le Roux-seuns, onder die gepaste naam Broers Brew. Jy kan ligte of donker bier vir die broodjie gebruik. Karen speel graag tennis en sy sê die broodjie is onverbeter­lik saam met ’n yskoue bier ná ’n tennisweds­tryd. Die veelsydige broodjie is ewe lekker met ’n sout of soet smeer. Ons het dit geproe met ’n smeer van mascarpone, geklop met ’n bietjie suurlemoen­sap en heuning, asook met plaasbotte­r

en kaas. Albei weergawes is smullekker.

750 ml bruismeel

5 ml sout

45 ml bruinsuike­r

100 ml heuning 1 botteltjie (375 ml) bier

Voorverhit die oond tot 165 °C en smeer ’n middelslag-broodpan (of ’n paar klein pannetjies, vir individuel­e broodjies) met olie. Meng die bruismeel, sout en bruinsuike­r in ’n mengbak en voeg die heuning en bier by. Meng goed saam en skep in die voorbereid­e pan(ne). Bak vir ongeveer 45 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die brood kom. Laat die brood vir sowat 10 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrak. Sit louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met smere van jou keuse.

Lewer 1 middelslag-brood of

6-8 individuel­e broodjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa